'Hartbaba kan sterf'

2010-01-19 07:07
Tweets Share Share line Print

Retha Grobbelaar

Baba Ashleigh-Karin Louw, wat met ’n deel van haar hart buite haar borskas gebore is, is baie siek, maar bestendig.

So het prof. Sithembiso Velaphi, hoof van die neonatale eenheid by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto, gister op ’n mediakonferensie by dié hospitaal gesê.

Ashleigh-Karin is eergister geopereer, onder meer om haar hart sover moontlik in haar borskas terug te druk.

Johannesburg - Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, Edna Molewa, minister van maatskaplike ontwikkeling, en Qedani Mahlangu, Gautengse LUR vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, het Ashleigh-Karin Maandag besoek.

Sy het Sondag ’n sowat drie uur lange operasie ondergaan waarin haar misvormde borsbeen gedeeltelik herstel is.

Haar misvormde maagwand en diafragma is ook herstel.

Ashleigh-Karin is 11 dae gelede met Pentalogie van Cantrell gebore. Dis ’n uiters seldsame ontwikkelingsafwyking wat abnormaliteite in die borsbeen, maagwand, diafragma en hart self veroorsaak.

Die ingewande kan ook, soos in Ashleigh-Karin se geval, deur die maagwand stoot.

Volgens Velaphi is sy steeds in die waaksaal.

“Ons vat dinge minuut vir minuut. Sy is steeds baie kritiek,” het hy gesê.

Dr. Jerome Loveland, hoof van pediatriese chirurgie by Bara-gwanath, moes die bedekking oor Ashleigh-Karin se hart gister omstreeks 01:00 tydens ’n operasie losser gemaak word om bloedvloei te vergemaklik.

Dié bedekking het druk op haar hart geplaas.

Loveland het gesê die volgende 48 tot 72 uur is baie belangrik.

“Al doen ’n mens alles reg, is daar ’n kans dat sy kan sterf,” het hy gesê.

- Beeld

Lees meer oor: medies  |  baba

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.