Hanekom ondersteun Ramaphosa
2012-05-20 20:00
Johannesburg – Die adjunkminister van wetenskap en tegnologie, Derek Hanekom, het die sakeman Cyril Ramaphosa gevra om te staan vir presidentskap, het City Press Sondag berig.
“Ons benodig leiers van kameraad Cyril se kaliber. Ek weet Cyril is baie goed met sake, maar ek wens werklik hy wil al sy gled in ‘n trust sit en aantree vir ‘n hoër en meer senior posisie,” het Hanekom gesê by ‘n paneelbespreking oor die lewe van Walter Sisulu by die Wits Great Hall Vrydagaand.
“Ek probeer nie ‘n opvolgdebat hier begin nie,” het Hanekom gesê toe hy besef het hoe sy opmerkings geïnterpreteer kan word, het City Press berig.
Max Sisulu (Parlementêre speaker), David Makhura (sekretaris van die ANC in Gauteng), Jimmy Manyi (woordvoerder van die regering) en Parks Tau (burgemeester van Johannesburg) was ook by die geleentheid.
“Jy kan nie enigiets daarin (wat Hanekom gesê het) lees nie. Hy het ‘n grap gemaak,” het Ramaphosa aan die City Press gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA