Handves opgestel vir godsdiensregte

2010-11-14 06:29
Tweets Share Share line Print

Rapport

Verskeie godsdiensregte – van die reg om godsdiens op skool te beoefen tot die reg van gelowige mediese personeellede om nie sekere mediese prosedures uit te voer nie – kan in die toekoms uitdruklik in Suid-Afrikaanse wetgewing opgeneem word.

’n Groep invloedryke godsdiensleiers het ’n proses aan die gang gesit om ’n handves van godsdiensregte en -vryhede aan die parlement voor te lê in die hoop dat dit uiteindelik in wetgewing opgeneem sal word.

Dié groep, wat verteenwoordigers van verskeie Christelike kerke (waaronder die Gereformeerde susterkerke, die Katolieke en onafhanklike evangelistiese kerke), asook gelowe soos Islam, die Judaïsme en tradisionele Afrika-gelowe insluit, het einde verlede maand dié handves op ’n beraad in Johannesburg onderskryf en hoop om in die komende maande nóg steun daarvoor te werf.

Uiteindelik word beplan dat ’n raad wat by die Kommissie vir Taal en Kultuurregte erkenning geniet dit aan die parlement sal voorlê sodat hulle wetlike status daarvoor kan beding. ’n Stuurkomitee is aangestel om so ’n raad saam te stel.

Volgens prof. Rassie Malherbe, grondwetkenner aan die Universiteit van Johannesburg en een van die leidende figure in die opstel van die handves, bepaal art. 234 van die Grondwet dat die parlement handveste van regte kan bekragtig as dit nie met die Grondwet bots nie. Sulke handveste kan dan implisiete regte uitdruklik maak.

“Die gelykheidswet gee byvoorbeeld ‘vleis’ aan die grondwetlike reg op gelykheid. Net so hoop ons die handves van godsdiensregte en -vryhede kan ‘vleis’ gee aan die reg op godsdiensvryheid.”

Die handves, wat glo die steun van prominente figure soos past. Ray McCauley het, het ontstaan uit ’n reeks teologiese konferensies wat ’n paar jaar gelede by die Universiteit van Stellenbosch gehou is. Die Stellenbosse NG teoloog prof. Pieter Coetzen is die sameroeper van die stuurkomitee.

Die handves bepaal uitdruklik dat elke landsburger die reg het om vrye uitdrukking aan sy geloof te gee (hoewel mense ook die reg het om nié te glo nie).

Heelwat van die bepalings kan implikasies hê vir kwessies wat die laaste jare omstrede was.

So byvoorbeeld lui ’n bepaling: “Elke openbare opvoedkundige instelling mag ’n bepaalde godsdienstige of ander etos aanneem, solank dit op ’n billike, vry en vrywillige en nie-diskriminerende basis beoefen word, en met behoorlike inagneming van die regte van minderhede.”

Dié bepaling het duidelike implikasies vir die debat oor skolegodsdiens.

Elders bepaal die handves die staat kan niemand dwing om in stryd met hul oortuigings “bepaalde dienste te lewer of daarvoor verwys te word nie, insluitend mediese of verwante dienste of prosedures”, ’n bepaling wat, indien dit wet sou word, onder meer aan verpleegpersoneellede en dokters die reg sou gee om te weier om aborsies uit te voer.

Indien die handves wet word, sê Malherbe, “sal dit baie dinge uitstippel wat tans nog in die lug hang”.

“Die Grondwet bepaal as daar so ’n wet is, moet ons voorkeur gee aan die inhoud van daardie wet.”

Volgens hom het die Menseregtekommissie en die Kommissie vir Taal- en Kultuurregte begrip vir hul aspirasies.

- Rapport

Lees meer oor: godsdiens  |  kerke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.