Hammerl 'was op sy gelukkigste'

2011-07-04 09:12
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – “Jul pa was ’n groot man. Eendag as julle ouer is en sy asemrowende foto’s sien en hoor hoe mense oor hom praat, sal julle besef wie julle grootgemaak het.”

Dit was Saterdag die woorde van Mondli Makhanya, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef), by die roudiens vir die fotograaf Anton Hammerl (41) in die His People-kerk in Parktown, Johannesburg.

Hammerl is op 5 April in Brega, Libië, noodlottig in die maag gewond.

Sy vrou, Penny Sukhraj, het Sondag gesê die gesin het sowat vyf jaar gelede na Engeland verhuis vir ’n beter lewe. Hy het onder meer daar by ’n universiteit klas gegee.

Kort ná die geboorte van hul derde kind het Hammerl ’n geleentheid gekry om twee weke lank na Libië te gaan om die “waarheid” oor kol. Muammar Ghaddafi se oorlog aan die wêreld te vertel.

“Ek het onwetend die aand voor sy dood met hom oor die internet gepraat,” het Sukhraj gesê.

“Hy het ’n stoppelbaard gehad, maar hy het gegloei en was op sy gelukkigste, want hy was besig om iets te doen waarvoor hy lief was.”

Sukhraj het by die roudiens gesê dit is die eerste keer wat sy in die verlede tyd oor haar man praat “Toe ek die nuus oor sy dood kry, het ek huilend op my knieë neergeval. Hoe moes ek sulke nuus aan ons kinders oordra?”

Sy het met trane in haar oë gesê hul jongste kind, Hiro (20 weke), het uiteindelik geglimlag en dat sy Hammerl se plek nou sal inneem om saam met Neo (7) en Aurora (11) fiets te ry, te gaan stap en te speel.

“Ek sal probeer om nie te gril as die seuns paddas optel nie en ek sal my bes probeer om hulle met dieselfde gevoel van avontuur, passie, liefde en respek vir die lewe en die mensdom te besiel as wat jy gehad het,” het Sukhraj gesê.

Foto’s van Hammerl se lewe is gewys van sy geboorte tot waar hy met Hiro in sy arms in die hospitaal geslaap het.

Huldeblyke deur onder andere twee van die drie joernaliste wat hom gesien sterf het, is in die kerk voorgelees.

“Ek is nie gereed om sonder jou te lewe nie, maar sal die kinders alleen probeer grootmaak. Ons almal mis jou verskriklik. Ek sal eendag weer saam jou wees,” het Sukhraj gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: anton hammerl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.