Halfton-hek beseer twee
2010-06-17 12:50
Johannesburg – Twee mense in Kuilsrivier is beseer toe ‘n reuse-hek op hulle geval het, het Netcare 911-paramedici Donderdag gesê.
“Die werkers, ‘n man (21) en vrou (49), was besig om goedere van ‘n vragmotor af te laai by die Soneike-winkelsentrum toe die hek op hulle geval het,” het Lauren Copley, woordvoerder, gesê.
Hulle medekollegas kan daarin slaag om die hek op te tel, wat sowat 500kg weeg. Nooddienste is dadelik ontbied.
Die vrou het ‘n bekkenbeenbreuk opgedoen en ernstige interne beserings. Die man se been is gebreek. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na die Kuilsrivier-hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.