Haïti: SABC bring hul kant
2010-01-29 01:21
Johannesburg – Suid-Afrikaners het sowat R 756 000 ingesamel om Haïti te help nadat ‘n verwoestende aardbewing dié land sowat twee weke gelede getref het.
Dít is danksy ‘n fondsinsamelingsprojek wat deur SABC se oggendprogram, Morning Live, op die been gebring is.
Verskeie bekendes het tydens die verloop van die spesiale program telefone geantwoord vir donasies om Haïti weer te help opbou.
Volgens Kaizer Kganyago, SABC-woordvoerder, is hulle steeds besig om die totaal op te tel van al die skenkings wat gemaak is.
Die Suid-Afrikaanse regering het reeds sowat R1 000 000 aan Haïti geskenk.
– Sapa, AP