Haffajee wil Miyeni nie meer dagvaar

2011-08-07 07:58
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Ferial Haffajee, redakteur van City Press, gaan nou eerder vir Eric Miyeni by die Menseregtekommissie (MRK) of die openbare beskermer (OB) verkla oor die rubriek die afgelope week waarin hy haar beswadder het.

Haffajee het vroeër gesê sy gaan Miyeni hof toe sleep nadat hy in sy rubriek Maandag in die dagblad Sowetan na haar verwys het as ’n “swart slang in die gras” wat deur “wit kapitaal ontplooi is om onmin onder swart mense te saai”.

Miyeni se rubriek onder die opskrif “Haffajee Does it for White Masters” het gevolg op berigte in City Press en Rapport oor die geldsake van Julius Malema, ANC-jeugleier.

In sy rubriek het Miyeni onder meer gesê: “Mense soos Haffajee … word soggens wakker en sien hul swart gesigte in die spieël net om ’n golf van selfhaat te ervaar wat hulle naar maak. In die 1980’s sou sy waarskynlik ’n brandende buiteband om haar nek gehad het.”

Sy en Miyeni kon ongelukkig nie tot ’n vergelyk kom wat op die waardes van ubuntu gegrond is nie, het Haffajee gister gesê.

“Hy glo dit was sy reg om te skryf; ek glo hy het met vrouehaat geflankeer en hom begeef in opruiende haat­spraak – dit was ’n verbale fatwa. Daarom gaan ek ’n amptelike klag by die Menseregtekommissie of die openbare beskermer indien sodat ons dié pynlike kwessie kan oplos.”

Miyeni is intussen as rubriekskrywer afgedank en die waarnemende redakteur van die Sowetan ten tyde van die gewraakte rubriek, Len Maseko, het bedank.

In ’n verklaring het hy en Mondli Makhanya, hoofredakteur van Avusa Newspapers, gesê Miyeni het die grens tussen gesonde debat en die goedkeuring van geweld oorgesteek.

“Dis eie aan Suid-Afrika om ’n verskoning te aanvaar,” het Haffajee gesê. “Die Sowetan se verskoning was meer as voldoende. Ek sal ’n bitterbek wees as ek ’n hofsaak aanhangig maak. Ek wil nie. Eric Miyeni is sy werk kwyt en ek het nie twee jaar om in ’n hof te gaan staan nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.