Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Haal Hewitt uit heldegalery, eis versoekskrif

2011-12-10 07:10
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – ’n Aanlyn-versoekskrif is onlangs begin om die tennisgelegende Bob Hewitt uit die Internasionale Tennisheldegalery te verwyder oor bewerings dat hy meisies van so jonk as 11 en 12 jaar betas en selfs met hulle seks gehad het.

In die jongste uitgawe van Huisgenoot vertel vier Suid-Afrikaanse vroue wat in die 1980’s en 1990’s as jong meisies deur hom afgerig is van die beweerde dade.

’n Amerikaanse vrou het ook vroeër ’n soortgelyke bewering gemaak en dit is in Augustus vanjaar in die Amerikaanse koerant The Boston Globe gepubliseer. Nadat die vrou ’n klag van verkragting teen hom ingedien het, het nog vroue soortgelyke aantygings gemaak.

Hewitt (71), wat deesdae ’n sitrusbedryf op die Oos-Kaapse Karoo-dorpie Addo bestuur, is een van net twee Suid-Afrikaners wat in die Internasionale Tennisheldegalery opgeneem is. Die ander een is sy jare lange dubbelspelspanmaat Frew McMillan.

NIKS KEER VROUE

Op die aanlyn-versoekskrif, genaamd “Bob Hewitt: Paedophile who ­hides behind tennis”, het een van die ondertekenaars geskryf: “In die vroeë 1980’s het Bob Hewitt ons Oos-Transvaalse span ook afgerig. Sommige van die spelers is ook privaat deur hom afgerig. My goeie vriend en spanmaat het private sessies met hom gehad en sy was ook die slagoffer van sy walglike dade.

“Ek kan nie verstaan hoe dit deur die krake gegly het nie en dat daar tot op hede nog niks gedoen is nie. Ek is baie trots op die vroue wat nou praat en ek kan net dink hoe skadelik dit vir hulle is.”

Nog iemand het gesê: “Waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie. Die gerugte kom al lank aan en ek wens dat daar al jare gelede iets daaraan gedoen is.”

Prof. Marinus Wiechers, ’n voormalige regsprofessor aan Unisa, het gesê in beginsel is daar niks wat die vroue keer om Hewitt aan te kla nie.

“Die probleem is egter hoe gaan ’n mens dit kan bewys? Enige hof sal bewyse wil hê. Mense kan nie alles onthou nie.”

Volgens hom sal die hof dalk ook eers wil weet waarom die vroue so lank gevat het om te kla.

William Booth, ’n prokureur wat in strafreg spesialiseer, het Wiechers se mening beaam.

Hy stem saam dat die saak nog aanhangig gemaak kan word, maar is dit met Wiechers eens dat onvoldoende bewyse die sake sal kniehalter.

Forensiese bewyse

“So ’n saak kan nog ná 30 of 40 jaar verhoor word, maar die beskuldigde sal kan aanspraak maak op sy grondwetlike reg tot ’n spoedige verhoor.

“Dalk het sommige van die getuies al gesterf, of is hulle landuit. Dit sal ook vir mense moeilik wees om te kan onthou wat op daardie spesifieke dag gebeur het,” het Booth gesê.

DNS-monsters en ander forensiese bewysstukke is nog ’n probleem, het hy gesê.

Hewitt het volgens Huisgenoot die afgelope maand glad nie gereageer op talle pogings om met hom te praat oor die vroue se aantygings nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

John Allers sê... hy moet eis . soos ek wat wil eis vir al die afduime . Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Melrose Estate - 14:47 PM
    Road name: Glenhove Road Eastbound
    DELAYS between Oxford Road and the M1 Interchange
  • Tuesday Bramley - 14:42 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at High Road - POINTSMEN on duty
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.