Haai byt SA seun in Mosambiek

2009-12-24 07:33
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson

Pretoria - ’n Seun van Suid-Afrika is vandeesweek in Mosambiek deur ’n haai aangeval terwyl hy beswaarlik 6 m van die strand in die golwe gespeel het.

Na wat vasgestel kon word, het die seun, wie se identiteit nie bekend is nie, die aanval oorleef. ’n Uitgevrete Zambezi-haai het hom in water wat nie dieper as 1 m is nie aangeval terwyl hy op sy branderplank in die golwe gespeel het.

Volgens Hettie Twiss van Johannesburg, wat in Ponta d’Ouro in die suide van Mosambiek vakansie gehou het, was daar eergistermiddag omstreeks halfvier ten tyde van die aanval “honderde” mense op die strand en in die water.

“Van die mans wat op die rotse naby die strand visgevang het, het ’n geskreeu gehoor. Teen die tyd dat hulle tot op die strand gehardloop het, het die seun – ek skat hom so 12 jaar oud – reeds op die sand gelê. Hy is erg aan sy sy en hand gebyt. Dit het kwaai gebloei. Iemand het noodhulp op hom toegepas.

“Dit het omtrent ’n uur geduur voordat ’n noodhelikopter opgedaag en hom weggeneem het hospitaal toe. Ek aanvaar hy is KwaZulu-Natal toe geneem, aangesien die naaste hospitale daar is.”

Volgens Twiss het ouers gehardloop om hul kinders uit die water te haal terwyl die haai nog in die baai by dié stranddorpie rondgeswem het.

“Mense op die strand wat die haai se vin gesien het, het gesê dit moet ’n uitgegroeide haai wees, want sy vin was groot.”

Volgroeide Zambezi-haaie is tussen 2 m en 3,5 m lank.

“Die oord-eienaars en van die plaaslike inwoners het aan ons gesê daar was in dekades geen haaie in die baai nie. Hulle was verstom dat ’n haai tot in die vlak water sou swem om iemand aan te val.

“Volgens die plaaslike inwoners het onwettige Chinese vissersbote altyd die haaie in die omgewing met hul nette gevang om die vinne af te sny.

“Die afgelope klompie maande is die bote egter verwilder en daar is seker meer haaie wat weer in die omgewing rondswem,” het Twiss vertel.

Teen eergistermiddag laat het ’n helikopter steeds laag langs die strande by Ponta d’Ouro en verder noord gevlieg en vakansiegangers is met ’n megafoon gewaarsku om uit die water te bly en te kyk of die haai opgespoor kon word.

Die Mosambiekse strande het nie haainette nie.

- Beeld

Lees meer oor: haai

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.