H1N1-hulplyn oorvloei
2009-08-19 14:24
Johannesburg – ‘n Hulplyn vir lede van die publiek met vrae oor die H1N1-virus is “toegegooi” onder oproepe.
“Elke keer as ek die foon neersit, het iemand anders gebel,” het ‘n hulplynoperateur gesê.
Volgens die operateur het die lyne sedert 07:00 Woensdagoggend aanhoudend gegons.
Die persoon, wat anoniem wou bly, het gesê die hulplyn sal na verwagting “heeldag lank” besig bly.
Die nommer, 0861 DOH CDC of 0861-364-232, is deur die departement van gesondheid opgerig.
Ses mense is sover weens Mexikaanse griep in Suid-Afrika oorlede.
- Sapa