Guy Kebble vloek vir Agliotti in hof

2010-02-02 09:46
Tweets Share Share line Print

Marga Ley

Johannesburg - By hof 4B in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het al die gewese goeie vriende en samewerkers hul bes probeer om mekaar totaal te ignoreer.

Die hoofkarakter wat die meeste geïgnoreer is en die meeste geïgnoreer het, was Glenn Agliotti.

Hy het gister in dieselfde hof verskyn (in verband met die moord op die mynmagnaat Brett Kebble) as waar Jackie Selebi, in wie se korrupsie­saak hy die hoofgetuie was, verskyn.

Dit is aan administratiewe prosedures te wyte, maar erg ­ironies.

Agliotti en Selebi – eens vriende “finish en klaar” – ignoreer mekaar al lankal.

Gister het Agliotti Guy Kebble, die vermoorde se broer, ook geïgnoreer. Hy het Mikey Schultz, Nigel McGurk en Faizel Smith, wat erken het hulle het die sneller getrek in die moord op Kebble en wat nou staatsgetuies teen hom is, ook die koue skouer gegee.

Hul eertydse baas en ook nou staatsgetuie, Clinton Nassif, het eenkant gesit en probeer lyk of hy niemand ken nie.

Die enigste mens wat niemand geïgnoreer het nie, was Guy Kebble, oud-Springbokstut. Uit die tweede ry van die openbare galery het hy Agliotti getreiter: “Kyk vir my, Glenn, toe kom, kyk vir my.” Agliotti het nie beweeg nie. “Kom nou Glenn, kyk vir my. Jou f–n d–s!”

Hy het nie doekies omgedraai nie. “Agliotti is etter. Haal my net so aan. Hy is etter, dik ondeursigtige etter.

“Miskien het my broer foute gemaak en kon hy in finansiële moeilikheid gewees het, maar ek weet hy sou nie selfmoord pleeg nie, veral nie op dié manier nie. Om jouself sewe keer te laat skiet?

“Jy weet, ’n mens kan dit oorleef! Hy sou eerder een skoot in die kop gevat of gas gebruik het. Maar hierdie ding van bygestaande selfmoord is onsin,” het Guy Kebble gesê.

Volgens hom het hy die saak gister bygewoon om geregtigheid te sien seëvier. Hy glo dit kan gebeur “as die aanklaers hul werk goed doen”.

“En hulle moet daai John Stratton uit Australië laat uitlewer. Hulle moet dit kan doen. ’n Land wat die Wêreldbeker-sokkertoernooi kan aanbied, moet dit ook kan doen.”

Die staat het aangedui hulle wil Stratton, ’n oudsakevennoot van Brett Kebble, saam met Agliotti aankla.

Die eerste van sowat 50 staatsgetuies word na verwagting ­môre geroep.

Die saak is uitgestel tot môre, wanneer die verhoor na verwagting sal begin. Agliotti word ook aangekla van sameswering tot die opspraakwekkende moord op Brett Kebble in September 2005.

Kebble is verskeie kere agter die stuur van sy motor in Mel­rose, Johannesburg, geskiet en is op die toneel dood.

- Die Burger

Lees meer oor: hof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.