Gure weer saai ontwrigting en eis lewe

2010-05-11 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die gure weer wat die Wes-Kaap sedert Saterdagnag teister, het gister ’n lewe geëis toe ’n twee maande oue baba dood is nadat die motor waarin hy, sy ouers en broer gery het in swaar reën in ’n botsing betrokke was.

Die baba se ma (31) is in ’n kritieke toestand in die Milnerton Medi-Clinic, het me. Vanessa Jackson, ER24-woordvoerder, gesê. Sy pa en broer ly aan skok.

In dié gesinstragedie was die baba steeds in sy babastoeltjie op die voorste passasiersitplek vasgegespe toe hy weens kopbeserings op die toneel gesterf het.

Die ongeluk het gister net voor 15:00 naby die Hugenote-tonnel aan die Paarl se kant gebeur.

Volgens Xenophone Wentzel, provinsiale verkeerswoordvoerder, het die Mitsubi-shi waarin dié gesin van Somerset-Wes was reg van voor teen ’n Audi gebots wat op die nat pad gegly het.

Die gesin in die Mitsubishi het van die tonnel in die rigting van die Paarl gery. Die bestuurder van die Audi, wat alleen in die motor was, is ongedeerd. Dié man van Constantia het gesê dit het hard gereën toe sy motor op pad na Worcester gegly en voor die aankomende verkeer beland het.

Die polisie het die gesin se identiteit weerhou omdat die pa laataand nog aan erge skok gely het en nie geweet het sy baba is dood nie.

Gistermiddag is die rampbestuurseenheid van die Kaapse stadsraad genoop om komberse en warm kos uit te deel by die Liberty- en Overcome-uitbreidings naby Seawinds nadat inwoners erg deur die reën en koue verontrief is, berig Marelize Barnard.

Wilfred Solomons-Johannes, waarnemende hoof van rampbestuur, het gesê weens die deurdringende reën het die watertafel gestyg en was 50 strukture deurnat. Hulp is aan sowat 200 mense gebied.

Intussen het die Weerdiens gewaarsku nog ’n kouefront sal die Kaap na verwagting Donderdag tref.

Stella Nake, weervoorspeller van die Kaapse weerkantoor, het gewaarsku onstuimige seetoestande met deinings van meer as 5 m word tussen Kaap Columbine en Plettenbergbaai verwag.

- Die Burger

- Die Burger

Lees meer oor: weer  |  ongeluk

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.