Gure weer laat ou skip aan KZN-kus strand

2011-07-27 09:00
Tweets Share Share line Print

Durban - Te midde van gure weer was bergingswerkers aan die KwaZulu-Natalse noordkus Dinsdag in ’n stryd teen tyd gewikkel om ’n gestrande vragskip onder sleeptou te kry om te keer dat die kus dalk met honderde ton diesel besoedel word.

Verskeie sleepbote is in die bergingspoging aan die kus by Salt Rock gebruik waar die MT Phoenix Dinsdagoggend in stormsee gestrand het.

Teen Dinsdagmiddag is ’n groot helikopter van Nelspruit ontbied in ’n poging om toue van sleepbote vanuit die lug op die Phoenix neer te laat, het kapt. Nigel Campbell, streekbestuurder van die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa), gesê.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het golwe van tussen 4,5 m en 5 m aan die KwaZulu-Natalse kus vir die nag voorspel terwyl ’n koue front oor die provinsie beweeg.

Die Phoenix, wat onderweg na ’n skrootwerf in Indië is om daar gesloop te word, het meer as twee weke gelede al naby Oos-Londen in die moeilikheid geraak toe sy hoofenjin gestaak en dit ’n paar seemyle van die strand op sleeptou geneem moes word.

Samsa het daarna geëis dat die Phoenix Suid-Afrika se gebiedswater verlaat om die gevaar van besoedeling af te weer.

Volgens Campbell het die eienaars van die Phoenix, wat op eie stoom na Indië op pad was, daarna talle beloftes gemaak om ’n sleepboot te huur om die ou vragskip eerder op sleeptou te neem.

Toe daar niks van kom nie, het Samsa ’n tussentydse hofbevel in die hooggeregshof in Durban bekom om op die Phoenix beslag te lê en veilig daarvan ontslae te raak.

Die skip het aan die noordkus voor anker gelê totdat die finale hofbevel na verwagting op 4 Augustus toegestaan sou word.

In eergisteraand se stormweer het die skip se ankers begin sleep en het dit ondanks verskeie pogings in die nag om dit op sleeptou te neem, Dinsdag gestrand.

Die Indiese bemanning is om veiligheidsredes met ’n Oryx-helikopter van die lugmag van die skip opgepik terwyl bergingswerkers neergelaat is.

Hoewel die skip se romp teen Dinsdagmiddag geen skade gehad het nie, het spanne op die strand gereed gestaan om besoedeling te bekamp.

“As ’n skip in gure weer gestrand is, kan jy nooit met sekerheid sê die romp is buite gevaar nie,” het Campbell gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: skepe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.