Gryp grond soos Zim, sê Malema

2010-04-09 09:25
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Grond in Suid-Afrika moet soos in Zimbabwe “militant en radikaal” in beslag geneem word, sê Julius Malema, die ANC-jeug­leier.

Hy het vandeesweek van ’n besoek aan dié buurland teruggekeer.

Die ANC het gisteraand dadelik wal gegooi teen Malema se opruiende uitlatings en gesê wat hy voorstel is nie ANC- of regeringsbeleid nie.

Dit kan net beleid word as Malema dit aan die ANC se nasionale raadsvergadering later vanjaar, asook die nasionale kongres en beleidskongres in 2012, voorlê en al drie dit aanvaar, het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, gesê.

Mthembu stem saam met Malema dat die beginsel van gewillige koper en verkoper nie suksesvol is nie en herbekyk moet word.

Hy het beklemtoon daar is ’n lang proses voordat die regerende party sy beleid verander of nuwes aanvaar.

“Die ANC-jeugliga het nog geen voorleggings oor grondhervorming aan die ANC gedoen nie,” het hy gesê.

Malema en sy gevolg beoog egter dat so ’n beleid van “militante en radikale” nasionalisering van grond en myne by die party se nasionale algemene raadsvergadering in September bespreek sal word.

Hy het Donderdag gesê dié soort grondhervorming moenie met geweld gepaard gaan nie.

Malema meen Zimbabwe se grondhervorming is ’n groot sukses. “Hulle het inheemse mense baie grond gegee ...

“Grond is van sowat 4 000 wit rassistiese boere na meer as 300 000 boere oorgedra wat kos vir hulself en Zimbabwe in die algemeen produseer,” het die jeugleier gesê.

Hendrik Olivier, uitvoerende hoof van Zimbabwe se kommersiële boere-unie (CFU), betwis dié syfers en meen baie min Zimbabwiërs wat grond benodig het, het dit sedert 2000 bekom.

“Die grond wat by boere afgevat is, lê nou leeg en waar landerye eens was, groei gras en vuilgoed.”

Olivier het gesê die meeste van die grond wat van hulle afgevat is, is nou in die hande van politici, regeringsamptenare, weermag- en polisielede, asook ryk sakelui.

Hy het egter beklemtoon die grondhervorming in Suid-Afrika moenie met die situasie in Zimbabwe vergelyk word nie.

“In Suid-Afrika praat die regering nog met die landbouverenigings,” het Olivier gesê.

Malema meen Suid-Afrika het ’n militante leier nodig wat sal toesien dat ekonomiese transformasie en grondhervorming gebeur.

Volgens hom moet die ANC nie bang wees dat buitelandse beleggers uit die land sal onttrek nie en moet hulle met sulke soort grondhervorming voortgaan.

“Ons moet radikaal en militant wees, maar nie gewelddadig nie. Ons sal nooit enige vorm van geweld ondersteun nie.”

Malema meen die staat kan dieselfde aanslag met grondbesit hê as toe hy voorheen deur wetgewing op minerale regte beslag gelê het.

“Ons sal grond vat ... deur middel van demokratiese metodes.” 

– Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.