Groot Gat Godin laat Joost swymel

2010-03-21 08:59
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die oud-Springbokkaptein Joost van der Westhuizen het homself gisteraand in die geselskap van ses welbedeelde vroue begewe toe hy vanjaar se Groot Gat Godin-kompetisie aangebied het.

“Hulle is mense met wonderlike persoonlikhede,” het hy vroeër die middag tydens ’n fotosessie oor die finaliste gesê.

Om vir die kompetisie te kwalifiseer moet ’n vrou klere groter as ’n nommer 18 dra.

Me. Corné Grobler, betrokke by die organisering van dié kompetisie, het gesê deelnemers kan getroud of ongetroud wees, moet goed versorg en spontaan wees, en moet as ambassadeurs vir die groter vrou optree.

Van der Westhuizen was tydens die fotosessie baie beslis oor wat mag en wat mag nie: Hy was glad nie te vinde vir voorstelle dat die meisies teenaan hom staan of aan hom hang nie.

Hy het wel baie positiewe dinge oor hulle te sê gehad.

“Hulle is mense net soos ons. Hulle is positief, en dis waaroor dit gaan; dit maak nie saak of jy groot of klein is nie.”

Van der Westhuizen se vrou, Amor Vittone, het die choreografie vir die kroning behartig.

Sy het die finaliste vroeër gistermiddag touwys gemaak oor hoe hulle gisteraand op die verhoog moes optree.

Sy het gesê sy het hulle as baie spontaan beleef.

“Daar is by hulle geen pretensie nie en dis ook hoe die kroning moet wees – nie ’n streng, vooraf uitgewerkte vertoning nie.

“Hulle is vroue wat gemaklik met hul voorkoms, vriendelik en baie selfversekerd is.

“Hulle hou van wat hulle doen en ek het hulle net ’n paar ekstra passies geleer,” het Vittone gesê.

Teen druktyd was die wenner nog nie aangewys nie.

Die kompetisie is deel van die Groot Gat-kunstefees wat nog vandag en môre voortduur.

- Rapport

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.