Grondwethof weier Moodley se appèlaansoek

2010-08-05 10:01
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die einde van die pad het Woensdag finaal aangebreek vir Donovan Moodley, moordenaar van die Johannesburgse student Leigh Matthews.

Hoofregter Sandile Ngcobo en die ander tien regters van die konstitusionele hof het eenparig Moodley se aansoek om appèl teen sy lewenslange vonnis verwerp. Hulle het gesê daar is geen vooruitsig op sukses met ’n appèl nie.

Nou is daar geen ander regsinstansie meer waartoe Moodley hom kan wend nie.

Daarmee het die konstitusionele hof ’n einde gebring aan een van die mees opsienbarende hofsages.

Moodley het aanvanklik in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg erken dat hy Matthews ontvoer, ’n losprys van haar pa gekry en haar daarna “op die ingewing van die oomblik” op ’n verlate plek buite Johannesburg in die kop geskiet het.

Toe het Moodley skielik bolmakiesie geslaan en gesê hy wil ’n herverhoor hê. Dit is geweier. Ook die appèlhof het sy aansoek om appèl van die hand gewys.

In die konstitusionele hof wou Moodley nie meer teen sy skuldigbevinding appèl aanteken nie, maar het hy gesê dat hy pleks van lewenslank net 15 jaar tronkstraf moes gekry het omdat die moord op Matthews nie beplan was nie.

Statutêr word bepaal dat ’n moordenaar wat ’n moord beplan, vir lewenslank kwalifiseer, terwyl ’n onbeplande moord met hoogstens 15 jaar tronkstraf gestraf kan word. Die konstitusionele hof het ook beveel dat Moodley die regskoste van die appèlaansoek moet dra.

Oudbrig. Piet Byleveld, wat die saak destyds ondersoek en Moodley in hegtenis geneem het, het in reaksie gesê hy hoop Moodley “kom nou tot ruste en aanvaar sy lot”.

Hoewel hy afgetree is, glo hy steeds dat Moodley medepligtiges gehad het. Hy sal stilweg voortgaan om hulle te soek.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: donovan moodley  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.