Grondplafonne bly vir Agri SA ’n probleem

2011-08-27 11:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Hy is positief oor talle aspekte van die jongste groenskrif oor grondhervorming, maar daar is talle sake wat nog aandag kort, het dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, Vrydag gesê.

Die kabinet het die groenskrif vandeesweek goedgekeur nadat hy dit vroeër talle kere na die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming teruggestuur het om te verfyn.

“Daar is positiewe uit die groenskrif. Vir die eerste keer sedert 1994 kry die nalatenskap van apartheid nie alleen die skuld vir die probleme met grondhervorming nie,” het De Jager gesê.

“Vir die eerste keer in 17 jaar kry wanadministrasie in die departement ook die skuld vir die gebrek aan grondhervorming. Ons sê dit al lank­al.”

Hy het mnr. Gugile Nkwinti, die minister, geloof omdat hy, anders as sy voorgangers, bereid is om na die georganiseerde landbou te luister en foute te erken.

“Ons gesprekke met hom het vrugte afgewerp.

“Ek is verlig die groenskrif is nou in die openbare domein. Daar is ruimte om praktiese probleme uit te wys,” het De Jager gesê.

“Nog ’n positiewe ding is dat staatsgrond – wat ’n derde van die land uitmaak, nou ook vir grondhervorming beskikbaar is. Dit is ’n radikale verskuiwing,” het De Jager bygevoeg.

“Ons vernaamste probleem bly die sogenaamde grondplafonne wat ingestel gaan word. Dit is vir my baie moeilik om in te dink hoe dit bepaal en ingestel gaan word.

“Al sê die regering dit gaan van streek tot streek verskil, wil ons weet watter formule gebruik gaan word om te bepaal wie het te veel grond.

“En glo my, as ’n boer byvoorbeeld 1 000 ha het en hy mag net sê 800 ha hê, gaan hy sy swakste 200 afsny. En wie gaan verloor? – die arme opkomende boer aan wie dit gegee gaan word.

“Die land se 60 grootste boere lewer omtrent 60% tot 70% van die land se kosproduksie. Hulle is die ouens wat die seerste gaan kry, maar het nog nie ’n kans gehad om hul saak te stel nie.”

De Jager het gesê Agri SA is dankbaar die regering erken in die groenskrif twee keer die proses van restitusie was tot nou ’n probleem en bevoordeel niemand nie.

Hy is bekommerd oor ’n sogenaamde waardeerder-generaal se rol in die bepaling van grondwaarde. “Dit is onduidelik hoe sy rol gaan oorvleuel met die funksies van die bestaande Suid-Afrikaanse raad vir die eiendomswaardeerdersberoep.”

Agri SA is bly boere sal op plaaslike vlak bydraes kan lewer in grondbestuursrade waar al die rolspelers verteenwoordig sal wees, het De Jager gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: agri sa  |  grondhervorming

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.