Grondhervorming: Dís ANC se plan

2011-07-10 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Beperk wit grondbesit en nasionaliseer grond eerder as om dit aan swart mense te herverdeel. Dít is wat die regering in sy langverwagte groenskrif oor grondhervorming gaan voorstel.

Voorts is die voorstel dat ’n staatskommissie genaamd die grondbestuurkommissie sal monitor wat boere op hul plase doen en dat grondbesit deur buitelanders streng ingeperk word.

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het die afgelope week buite Groblersdal gesê hy sou Donderdag die groenskrif afteken vir bespreking deur die kabinet, en dit sal in die komende week by die tersaaklike subkomitee ingedien word.

’n Groenskrif is nog nie vaste regeringsbeleid nie, maar beleidsvoorstelle wat vir openbare kommentaar versprei word sodat ’n witskrif saamgestel kan word wat as beleidsgrondslag dien.

Hoewel Nkwinti se woordvoerder, Mthobeli Mxotwa, nie Saterdag deur Rapport bereik kon word nie, het die regering se planne duidelik geblyk uit gesprekke met ander rolspelers.

Frans Cronjé van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge waarsku eiendomsreg in Suid-Afrika word deur die groenskrif bedreig: “Hoewel private eiendomsbesit voortbestaan, word dit beperk.”

Wat betref die beperking op die hoeveelheid grond wat kommersiële boere kan besit, sê hy dit kan die ekonomie van skaal waarop suksesvolle landbou in Suid-Afrika berus, verwoes. Landbou kan sy lewensvatbaarheid verloor.

Boonop, sê dr. Theo de Jager van Agri SA, het Nkwinti verlede week in samesprekings laat blyk die plan is dat die beperking slegs wit boere sal geld, nie alle kommersiële boere nie. Dit is volgens hom ongrondwetlik.

Annette Steyn, DA-LP, sê dis nie die enigste ongrondwetlike voorstel in die groenskrif nie. Juis daarom, sê sy, moet boere nie oorhaastig op die groenskrif reageer nie. Dis die begin van ’n lang proses en die DA is slaggereed om ondeurdagte en ongrondwetlike besluite teen te staan.

Ook De Jager sê daar is nog volop geleentheid om dinge reg te stel – onder meer om die regering te laat verstaan die grootte van lewensvatbare boerdery-eenhede verskil van streek tot streek en binne distrikte.

Wat betref die staat se plan om grond wat vir herverdeling aangekoop word te behou, eerder as om eienaarskap aan swart boere oor te dra, het Steyn met Cronjé saamgestem dat dit neerkom op nasionalisering. Die staat hou trouens al sedert 2008 herverdelingsgrond terug, en sedert April verlede jaar is geen eienaarskap van grond meer aan swart boere oorgedra nie.

Volgens De Jager beduiwel dit swart boere se kans op finansiering, want hulle het nie eienaarskap as sekuriteit vir banklenings nie en die staat tree nie op as finansier nie.

Oor die inperking van eienaarskap deur buitelanders sê De Jager dit geld net sowat 1% van plase. Boonop belemmer dit potensiële buitelandse belegging in sekondêre landbou-nywerhede, soos versapping en vrugtedroging.

Volgens Cronjé is die voorgestelde grondbestuurkommissie bloot ’n manier waarop die staat voorskriftelik teenoor boere wil wees.

De Jager sê die belangrikste versoek op die grondberaad in 2005 was dat ’n oudit van grondbesit gedoen word.

“Dit word egter nie gedoen nie, want die departement is bang hulle vind presies wat Agri SA se navrae ter plaatse wys: dat wit kommersiële boere reeds minder as die helfte van die landbougrond besit.”

 

- Rapport

Lees meer oor: anc  |  grondhervorming

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.