Grondhervorming: 45% reeds oorgedra, dink Kirsten
2010-03-30 10:47
Kaapstad - Tydens die Suider-Afrikaanse Konfederasie vir Landbou-unies (Sacau) se jaarkongres in Muldersdrift het prof. Johann Kirsten van die Universiteit van Pretoria opgemerk dat hy wonder of die hoeveelheid landbougrond wat oorgedra is, nie reeds 45% is nie.
By navraag het Agri SA gesê niemand weet hoeveel landbougrond werklik al deur middel van die grondhervormingsprogram in Suid-Afrika oorgedra is nie.
Dr. Theo de Jager, die ondervoorsitter van Agri SA, sê volgens waardasierolle wat munisipaliteite onlangs moes saamstel oor beginnerboere wat grond ontvang het, is meer as 30% van landbougrond in talle distrikte oorgedra.
“Veral in Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal is daar goeie aanduidings.”
Lees meer op landbou.com.