Grondbesetters keer boer om te oes

2009-12-22 07:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Verlede jaar het Whiskey Kgabo sowat R480 000 se mango’s op sy plaas in Limpopo geoes.

Vanjaar kon hy niks oes nie omdat plaasbesetters hom keer.

Kgabo boer op Balloon, sy plaas van 65 ha naby Trichardtsdal, tussen Tzaneen en Lydenburg.

Hy is sedert 1992 ’n suksesvolle kommersiële boer en het in 2005 sy drie plase aan die staat verkoop as deel van die regering se grondeise-program.

Weens ’n selferkende administratiewe fout van die grondeisekommissie is net twee van die drie plase aan die staat oorgedra. Die staat het intussen nog net ­R2 miljoen - sowat die helfte van die ooreengekome verkoopprys - aan Kgabo uitbetaal.

’n Ooreenkoms is destyds bereik dat Kgabo met sy boerdery kon voortgaan op die middelste van die drie plase, wat aanmekaar grens, totdat die res van die geld betaal is.

Kgabo kon ook aanbly in ’n huis op een van die ander plase omdat daar nie ’n huis is op die plaas waar hy boer nie.

’n Paar maande gelede het sowat 100 mense Kgabo se plaas beset.

Die besetters, wat hulself die Bana­reng-ba-Mantjana-gemeenskap noem, eis die grond op en beweer hulle is die wettige eienaars. Kgabo se plaaswerkers is ook van die plaas verjaag.

Die polisie het die betreders in ’n stadium verwyder, maar twee dae later hulle het teruggekeer.

“Ek wou ses maande hê om eers my mango’s te oes voordat ek die plaas sou verlaat, want in daardie stadium het ek reeds die bome gesnoei, besproei en bemes. Hulle wou nie en het gesê ek moet dadelik padgee,” het Kgabo gister gesê.

“Nadat die grond beset is, het die grondeisekommissaris eers ná vier dae - op ’n Saterdag - hier opgedaag.

“Hy het die besetters gevra om my genoeg tyd te gee om om my sake af te handel.

“Hulle (die grondbesetters) is deur die polisie verwyder, maar was twee dae later terug en het gesê ek moet dadelik pak en maak dat ek wegkom.

“Ek voel die grondeisekommissaris moes gekeer het dat my grond beset word.

“Hy het onderneem dat ek ‘gou’ uitbetaal sal word, maar ek het nog steeds nie my geld nie. Ek het nie ’n enkele mango geoes nie,” het Kgabo gesê.

Die departement van landelike hervorming en grondsake het vroeër vanjaar te kenne gegee ’n geldtekort maak dit moeilik om plase te koop wat reeds vir restitusie-doeleindes geoormerk is.

Dr. Theo de Jager, adjunkpresident van die landbou-organisasie Agri SA, het gesê die Banareng-ba-Mantjana-gemeenskap se eis is in 2001 deur die destydse grondeisekommissaris afgekeur en die grond is in Maart 2005 aan die Sekokoro-gemeenskap toegeken.

“In April daardie jaar (2005) het die grondeisekommissie toegegee daar was ’n administratiewe fout met die oordrag en dit sou so gou moontlik reggestel word.

“Dis meer as vier jaar later en niks het gebeur nie,” het De Jager gesê.

Tele Maphoto, Limpopo se grondeisekommissaris, het gesê hy weet nie wanneer Kgabo sy geld sal kry nie.


- Beeld

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

DeeVee sê... Dit is net vir my snaaks dat die polisie altyd vreeslik gereed is vir al die spesiale geleenthede. Waar is hulle die res van die tyd? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,000.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2009
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.