‘Grond is gesteel’ - Malema
2009-11-05 11:20
Liezl Vercueil
Grondhervorming en die restitusiedoelwit om 30% van Suid-Afrika se landbougrond teen 2014 in swart besit te hê, is gereeld in die nuus en Cosatu en Julius Malema, voorsitter van die ANC-jeugliga, het hul opinies hieroor aan die BBC verduidelik, berig landbou.com.
Malema meen die Regering se gewillige koper en verkoper-benadering tot grondhervorming is onsuksesvol en grondeienaars moet ‘n ononderhandelbare aanbod van die Regering gebied word.
“Ons sal betaal, maar net wat ons kan bekostig want hulle het dit in elk geval gesteel. Hulle het ons grond gesteel,” het hy aan die BBC gesê.
Vir die volledige berig besoek www.landbou.com.