Grond: Staat skep die krisis

2010-07-06 06:27
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad en Pretoria - Die regering skep sélf die omstandighede en klimaat waarbinne hy radikale en verreikende veranderinge aan sy grondhervormingsbeleid wil aanbring.

Dié beskuldiging volg op ’n geskrewe antwoord op ’n parlementêre vraag waarin Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, sê die regering vrees “plaasbesettings en gemeenskapskonflik” indien daar nie geld gevind word om na begunstigdes van grondhervorming om te sien nie.

Hy sê egter in dieselfde antwoord – op ’n vraag van Annette Steyn (DA-LP) – die regering skuld 389 begunstigdes in al nege provinsies meer as R3,6 miljard in steun en vestigingshulp.

In Mpumalanga alleen wag 173 begunstigdes op hulp van meer as R2,6miljard, in die Oos-Kaap wag 49 begunstigdes op R395 miljoen en in Limpopo wag 83 begunstigdes op R302 miljoen.

Nkwinti het ook te kenne gegee die regering het, ondanks ooreenkomste met verkopers, nie betaal vir al 972472ha wat hy die afgelope drie boekjare aangeskaf het nie. Verder vrees hy ’n afname in voedselproduksie en dat plase aan wit boere terugverhuur sal word.

Steyn het gesê die regering is verantwoordelik vir die mislukking van die grondhervormingsproses en deur niks te doen aan die probleme wat hy self identifiseer nie, só sy beplande beleidsaanpassings gaan regverdig.

Frans Cronjé, adjunk- uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, gaan met Steyn akkoord en meen die staat skep self die gedagte dat grondhervorming teengestaan word en vererger sake deur ’n gebrekkige begroting vir grondhervorming beskikbaar te stel.

Nkwinti se antwoorde kom te midde van toenemende angstigheid in landboukringe oor ’n groenskrif wat grondhervormingsbeleid gaan hersien en vrese oor ’n Zimbabwe-situasie, waar slegs 1% van landbougrond steeds in kommersiële besit is.

Aanduidings is dat die groenskrif voorstelle rondom alternatiewe modelle van grondeienaarskap sal bevat. Dit sluit in ’n perk op die hoeveelheid grond wat besit mag word en die afskaffing van die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper.

Dit was veronderstel om einde Mei vir oorweging aan die kabinet voorgelê te word, maar sal nou glo kort ná WB2010 die lig sien.
 
- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: grondhervorming

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

KIA

Pregio Bus Dsl
2004
R 124,900.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2005
R 179,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2006
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.