Grond: Groenskrif bevat viervlak-stelsel
2011-08-24 18:29
Kaapstad – ‘n Viervlak-stelsel is in die Groenskrif oor Grondhervorming opgeteken, wat pas die Kabinet se goedkeuring gekry het, berig Landbou.com.
Die Regering wil ‘n viervlakstelsel van grondbesit instel, gegrond op die volgende elemente:
- Staatsgrond moet slegs in huurbesit wees.
- ’n Beperking op die besit van private grond.
- Buitelandse eienaarskap van grond moet verbind wees aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners.
- Kommunale grondbesit moet met sekere institusionele gebruiksregte gepaard gaan.
Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het in die Nasionale Vergadering in die Parlement gesê die Kabinet het die dokument goedgekeur. Hy het geantwoord op ‘n vraag van me. Annette Steyn, DA-LP, oor wanneer die dokument bekendgemaak sal word.
Nkwinti het aan Landbou.com uitgewys dat een van die veranderinge is dat die stelsel nou ‘n viervlak- en nie ‘n drievlakstelsel van grondbesit is nie.
Lees meer by Landbou.com.
- Landbouweekblad