Groenskrif wil hê wit boere moet grond deel

2010-08-22 06:08
Tweets Share Share line Print

Plaasboere wat “te veel” grond het om op te boer, sal dit met swart Suid-Afrikaners moet deel.

Verder gaan buitelanders wat in die toekoms kommersiële grond in Suid-Afrika wil koop, dit net regkry as hulle swart vennote daarby betrek.

Dít is van die voorstelle soos vervat in die groenskrif vir die nuwe beleid oor grondeienaarskap wat reeds deur Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondsake, afgeteken is.

Dit sal binnekort aan die kabinet voorgelê word vir goedkeuring.

Daarna moet dit deur ’n parlemen­têre proses gaan. Daarom kan die departement nog nie sê wanneer presies dit in werking gestel sal word nie.

Johannes Möller, president van Agri SA, het Vrydag egter dié voorstelle as “dom” afgemaak en gesê die departement weet self nog nie hoe dit reggekry gaan word nie.

Die departement beplan om met die nuwe beleid die stelsel van grondeienaarskap in Suid-Afrika in sy geheel te hersien, het Mthobeli Mxotwa, Nkwinti se woordvoerder, aan Rapport gesê.

Volgens hom sal daar ook, sodra die beleid in werking gestel is, ’n kommissie vir grondbestuur gestig word wat ’n nasionale databasis gaan hou wat sal wys aan wie elke stuk grond in Suid-Afrika behoort.

Mxotwa sê die hoofdoel van die beleid is sodat swart Suid-Afrikaners ook eienaars van kommersiële grond kan word.

Luidens die departement se statistieke word 87% van alle kommersiële grond deur wit mense en buitelanders besit en 13% deur swart, bruin en Indiër Suid-Afrikaners.

“Kommersiële grond” is nie net plase nie, maar alle grond waarop sake gedoen word. Daarom moet swart Suid-Afrikaners se regte tot grondbesit geprioritiseer word. Ons gaan egter nie net links en regs grond loop en gryp nie, alle belanghebbendes sal insette kan lewer. Die beleid is nodig om die aspirasies van alle grondhonger Suid-Afrikaners te bevredig, ongeag hul ras, kleur of geslag.”

Volgens Mxotwa het die beleid drie voorstelle:
- ’n Perk op hoe groot die private grond is wat een persoon kan besit. Dit beteken as daar bevind word ’n skaapboer het net 100 ha nodig en ’n groenteboer het 300 ha nodig om te boer, maar baie meer as dit besit, kan die regering dié oortollige grond verkry en aan swart Suid-Afrikaners uitverhuur,” sê Mxotwa.
- ’n Tweede voorstel is dat staatsgrond in die toekoms nooit verkoop sal word nie, maar slegs verhuur kan word.
- ’n Derde voorstel is dat buitelandse burgers wat kommersiële grond in Suid-Afrika koop, maar nie voltyds daarop woon nie, net mag boer mits hulle swart vennote het.

“Dit is belangrik omdat baie plase, byvoorbeeld in die Wes-Kaap, tans deur buitelanders gekoop word en die plaasarbeiders dan van die grond gesit word.”

Möller sê die nuwe beleid kom neer op die sentralisering van mag en besluitneming.

“Die departement kan tans nie eens sy werk doen nie. Van sy grondhervormingsprojekte het 90% misluk. Dit gaan daarop neerkom dat ’n geweldige hoeveelheid amptenare aangestel gaan word om kommersiële boere ondoeltreffend te maak.

“Hoekom help hulle nie eers sukkelende swart boere wat tans grond besit om suksesvol te wees nie?”

Oor die voorstel oor buitelanders sê Möller: “As jy eers voorskriftelik raak, wil jy mos nie buitelandse beleggers hier hê nie.”

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.