Groenskrif kan vertroue skep - Nkwinti
2011-08-25 09:49
Kaapstad – 'n Meer oortuigende en samehangende visie is in die Groenskrif oor grondhervorming vervat, wat vertroue kan skep, sê Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Die Groenskrif is pas goedgekeur.
Sedert die uitlek van die dokument verlede jaar was baie oproepe van verskeie politici en ander belanghebeendes gemaak dat die dokument geopenbaar moet word. Nadat die Kabinetskomitee wat dit deurgegaan het, dit drie keer na Nkwinti teruggestuur het, is dit uiteindelik goedgekeur.
Nkwinti het in die Nasionale Vergadering by die Parlement op ‘n vraag van Annette Steyn van die DA, geantwoord dat die Kabinet die Groenskrif goedgekeur het.
– Lees meer by Landbou.com
– Volg Nuus24 op Twitter