'Groen plase kan armes voed'
2011-12-03 21:29
Johannesburg – Omgewingsvriendelike boerderypraktyke kan nie net klimaatsverandering beperk nie maar kan ook help om die wêreld se armes te voed, het die minister van landbou en bosbou, Tina Joemat-Pettersson, Saterdag gesê.
"As ons in staat is om die landbou te transformeer om die groeiende bevolking te voed ten spyte van klimaatsverandering, en sonder om die natuurlike hulpbronbasis te versteur, sal ons nie net ons doelwitte vir voedselsekerheid bereik nie maar ook help om die negatiewe uitwerking van klimaatsverandring teen te werk," het sy in 'n toespraak wat ook in Durban gelewer sal word, gesê.
Joemat-Pettersson het gepraat by die opening van die Landbou- en Landelike Ontwikkelingsdag-konferensie, wat ook deur afgevaardigdes van die Cop17-konferensie bygewoon is.
Joemat-Pettersson het gesê die besluite wat op die konferensie geneem word het die potensiaal om die voortuisigte van die Aarde se vinnig groeiende bevolking te te verbeter.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA