Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Griekwastad: ‘Moord moes verkragting wegsteek’

2013-02-24 07:50
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die minderjarige seun wat weens die moorde op die Steenkamp-egpaar en hul dogter teregstaan, het haar verkrag en almal doodgeskiet om te voorkom dat die waarheid uitkom, beweer 'n bron na aan die ondersoek.

Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en hul dogter, Marthella (14), is verlede jaar op Goeie Vrydag vermoor en het die gemeenskap van Griekwastad geruk, berig Rapport.

Die staat het Maandag aanklagte van verkragting en regsverydeling by die klagstaat gevoeg.

Volgens die polisiebeampte was die seun en Marthella moontlik alleen op die familie-plaas, Naauwhoek, tussen 12 en 24 uur voor die moorde.

“Ons het lank vermoed wat die moontlike motief kon wees, maar dit is nou op rekord,” sê die bron.

Tydens Marthella se lykskouing is gevind sy het verskeie beserings aan haar geslagsdeel opgedoen wat ooreenstem met iemand wat teen haar wil gepenetreer is.

Daar is glo ’n oppervlakkige skaafwond, asook interne beserings en “skeure”.

Die staat gaan glo aanvoer die seun het Marthella verkrag, waarna sy haar ouers óf daarvan wou vertel óf reeds vertel het en dat die seun glo die .357-rewolwer uit die kluis van die Steenkamps gaan haal het en op die familielede losgebrand het.

“Deon was ’n stoeier en ek glo as hy uitgevind het, sou hy daai seun self vermoor het,” sê die bron.

Die regsverydeling-aanklag teen die seun spruit uit die seun se “doelbewuste” leuens oor die gebeure.

– Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: misdaad  |  griekwastad-moorde
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Giel Man sê... Sy verdedig haar PRC pruike en KFC stapel dieet... Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
  • Saturday Houghton Estate - 13:23 PM
    Road name: M1 Northbound
    LANE CLOSURE for roadside works at Killarney Bends
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.