Greyling veilig terug by die huis

2010-03-10 10:20
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Nick Greyling, die klankingenieur van SuperSport wat in Nigerië ontvoer is, het Woensdagoggend veilig in Suid-Afrika aangekom, het ‘n woordvoerder vir die familie gesê.

“Hy het Woensdagoggend vanaf Lagos hier aangeland,” het Johan Russouw gesê.

“Hy is baie, baie moeg en uitgeput, maar dit gaan goed onder die omstandighede.”

Volgens Russouw, Greyling se skoonpa, is die familie baie dankbaar teenoor almal wat gehelp het om sy vrylating te verseker.

Greyling en sy vrou sal ‘n rustige dag saam spandeer.

“Die eerste ding wat hulle nou gaan doen is om saam ontbyt te eet,” het Russouw gesê.

“Sy jongste dogter het op haar pa se skoot gaan sit.”

Greyling en sy vrou het drie dogters van sewe, vier en een en ‘n half.

Russouw het bygevoeg dat SuperSport beplan om Woensdag ‘n persverklaring vry te stel, maar geen planne is gemaak vir Greyling om die media toe te spreek nie.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Dinsdag gesê dat dit Greyling se keuse is om oor die voorval te gesels of nie.

Woordvoerder Nomfanelo Kota het geweier om kommentaar te lewer oor berigte deur AFP dat $100 000 (sowat R740 000) losprys vir Greyling se vrylating betaal is.

“Sover ek weet is geen losprys betaal nie. Sy vrylating is verseker deur samewerking deur die Nigeriese en Suid-Afrikaanse regerings, sowel as met die hulp van ‘n onderhandelingsparty, het Russouw gesê.

Greyling is Maandagaand vrygelaat.

- Sapa


  

 

Lees meer oor: ontvoerings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Dpe eienaars van die galery behoort die ANC ook aan te kla vir aanhitsing tot geweld en intimidasie. Die kunstenaar het nooit gese dit is Zuma nie, dit was n' kwessie van n' skoen wat pas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.