Gratis toegang by Kruger-wildtuin
2009-09-07 21:27
Pretoria - Suid-Afrikaners sal gratis toegang hê tot nasionale parke wanneer ‘n bewustheidsweek Maandag deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (Sanparke) geloods sal word.
“Die week sal daarop fokus om persone aan te moedig om hulle plaaslike, natuurlike erfenis te ondersteun en te waardeer,” het David Mabunda, uitvoerende beampte, in ‘n verklaring gesê.
Dié konsep is in 2006 gestig en moedig Suid-Afrikaners aan om die land se nasionale parke te besoek.
Die week sal by die Kruger Nasionale Park se Mopani-hek afskop. Die gratis toegang is egter nie op toergroepe van toepassing nie.
–Sapa