Gratis hoër onderwys vir armes oorweeg

2012-01-13 06:51
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die regering ondersoek die moontlikheid om gratis hoër onderwys te verskaf aan armes wat akademies daarvoor kwalifiseer.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het dit Donderdag na aanleiding van ’n vraag by die bekendstelling van die groenskrif oor hoër onderwys aangekondig.

Die vraag het gehandel oor die volhoubare bekostigbaarheid daarvan om beurse en lenings aan groot getalle brandarm studente te gee.

Nzimande het toegegee dat die nasionale studentehulpfonds onvoldoende is om in die vraag te voorsien en daarop gesinspeel dat die opgehoopte R10 miljard van die sektorale onderwys-en-opleidingsowerhede (setas) die nood kan help verlig.

Toe doen hy die groot aankondiging: “Die ANC het my departement gevra om kosteberamings te doen oor die mate waarin gratis hoër onderwys vir verdienstelike arm studente moontlik is.”

Volgens Nzimande sal die bevindings middel vanjaar voor die ANC se vyfjaarlikse nasionale beleidskonferensie dien.

Hy het toegegee dat die massifikasie van tersiêre onderwys die doelwit is, maar benadruk dat dit nie massifikasie van universiteitsonderwys beteken nie.

“Diegene wat op universiteit hoort, moet daardie geleentheid kry. Diegene wat vir ’n ambag opgelei behoort te word, moet die geleentheid kry om hul aanleg uit te leef.”  

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: blade nzimande  |  onderwys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
50 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.