Graad 11-vraestel in Limpopo uitgelek
2011-11-22 21:01
Johannesburg – ‘n Uitgelekte vraestel wat het die
Landbouwetenskap eksamen in skole in Makhodo in die Limpopo-provinsie tot ‘n
halt gebring.
Die Graad 11 provinsiale eksamen was vir
Maandag geskeduleer, het kolonel Freddy Shirinda gesê.
Die polisie het egter ‘n wenk ontvang dat die
vraelstel in Zoutpansberg Wes uitgelek het.
Skoliere kon die vraestel teen R500 elk koop.
“Ons was genoodsaak om die eksamen vir alle
skole in die area uit te stel.
“Die vraestelle is intussen teruggevat,” het
Shrinda gesê.
Van die skoliere is vir ondervraging ingeneem,
maar later weer vrygelaat.
“Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nis.
“Ons het die departementele amptenare
geraadpleeg en hulle het gesê hulle wag vir hoofkantoor voordat enige klagtes
gelê word,” het Shrinda gesê.
‘n Interne ondersoek sal gedoen word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA