Gr. 6-seun geskors ná hy glo klasmaat betas
2011-06-02 09:41
Johannesburg – Die Gautengse departement van onderwys het Woensdag 'n gr. 6-leerder geskors nadat een van sy klasmaats hom daarvan beskuldig dat hy haar seksueel mishandel.
Die meisie se pa het by Eyewitness News gekla, nadat die Laerskool Silverton in Pretoria nie die probleem reg hanteer het nie.
Die pa het verder gesê sy 12-jarige dogter het aan hom gesê terwyl die onderwyser op die bord skryf, sal die seun na haar bank kom en aan haar bors en privaatdele vat.
Die departement van onderwys het toe onmiddellik 'n span na die skool gestuur om ondersoek in te stel.
Charles Phahlane, 'n woordvoerder, het gesê albei leerders ontvang berading.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter