Gospelsanger se vrou verkrag

2010-02-10 07:23
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Bekende gospelsanger se vrou is vroeg Dinsdagoggend op die boonste verdieping van die gesin se huis in ’n veiligheidskompleks in Centurion verkrag terwyl haar man magteloos onder in die huis vasgebind gesit het.

Nadat sy verkrag is, het die leier van die bende hul slagoffer om verskoning gevra oor wat met haar gebeur het “because we don’t do rape”.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die bendeleier het aan die vrou gesê dat haar verkragter nuut in die bende is en dat hy (die leier) “reeds met hom geraas het”.

Volgens Weilbach was die sanger omstreeks 02:15 besig om op die onderste verdieping van hul huis te werk terwyl sy vrou en drie jong kinders op die boonste verdieping geslaap het.

Vier misdadigers het deur ’n oop venster ingeklim. Hulle het die sanger oorval, ’n vuurwapen op hom gerig en hom vasgebind.

Een van die mans het na die hoofslaapkamer op die boonste verdieping gegaan waar hy die sanger se vrou verkrag het. Dit was hierna dat die bendeleier haar om verskoning gevra het.

Volgens Weilbach het die mans die sanger se rekenaar en selfone geroof en dit in sy motor gelaai.

Hulle het hom in die motor ingeboender en gedwing om by die valboom van die veiligheidskompleks, wat deur veiligheidswagte beman word, uit te ry. Die sanger het die veiligheidswagte nog gegroet voordat hulle vir hom die valboom oopgemaak het, het Weilbach gesê.

Die booswigte het die sanger by die St. George’s-hotel afgelaai, waarna hy terug huis toe moes loop.

Die egpaar se kinders het deur die hele voorval geslaap.

Die sanger en sy gesinslede se name word weerhou om hul identiteit te beskerm.

Volgens Weilbach is die motor gistermiddag omstreeks 15:00 verlate langs die pad in Tembisa aan die Oos-Rand deur lede van die Pretoria-blitspatrollie gevind.

’n Saak van verkragting en huisroof word ondersoek. Niemand was teen druktyd nog in hegtenis geneem nie.

Beeld het verneem dat die sanger se vrou ná die voorval in ’n plaaslike hospitaal opgeneem is, maar Dinsdagaand ontslaan is.

- Beeld

Lees meer oor: verkragtings  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.