Gordimer teen inligtingswet
2011-11-21 12:16
Kaapstad – Die Nobelprys-wenner Nadine Gordimer het gesê die voorgestelde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting is "totaal teen alle idees van vryheid", het The Times Maandag berig.
"Mense het geveg en gesterf vir die geleentheid om 'n beter lewe wat deur korrupsie verwoes en beswadder word," het Gordimer gesê
"Die korrupte praktyke en nepotisme wat hulle (politici) hulself toelaat, word ontbloot as ons vryheid van uitdrukking het," het die Suid-Afrikaans gebore skrywer gesê.
"Toe ons almal saam gestem het, wat die wonderlikste oomblik in my lewe was, het ons gedink alles sal reg wees. Dit was 'n lawwe gedagte."
Gordimer het dié uitlatings Sondag op 'n 88ste verjaardagviering gemaak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA