Goeie uitslae moeilik as dit só lyk

2010-11-28 07:36
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth - Talle skole in Suid-Afrika het geen basiese geriewe soos krag, water of sanitasie nie – maar is nogtans onder druk om goeie akademiese resultate te lewer.

Die skole is meestal “gratis skole”. Dit is skole wat geen skoolgeld van die leerlinge se ouers invorder nie.

Veral in die arm Oos-Kaap, wat onlangs deur Rapport se Nuusbus besoek is, moet kinders in haglike en onveilige omstandighede skoolgaan.

Elroy Bosman, hoof van die Hoërskool Booysenpark in Port Elizabeth, sê hy sit met sy hande in die hare. Hy probeer al sewe jaar om die Oos-Kaapse departemente van openbare werke en onderwys te oorreed om die skoolgeboue op te knap.

“Sedert die skool in 1985 geopen is, is daar nog nooit enige instandhoudingswerk hier gedoen nie. Al terugvoering wat ons kry, is dat instandhoudingswerk deur die skool self behartig moet word.”

Een blok klaskamers is in 2003 deur ’n brand verwoes, maar dié klaskamers is steeds in gebruik.

Op reëndae sit leerlinge hier onder sambrele in die klas.

Daar is geen elektrisiteit in die klaskamers nie. Die meisiestoilette is stukkend en dus moet die meisies die seuns se toilette met hulle deel.

“Hier het ons net skryfborde en kryt, maar wanneer ’n provinsie ’n swak matriekslaagsyfer het, word die onderwysers blameer,” sê Bosman.

Onderwyskenners meen hoewel swak infrastruktuur nooit as ’n verskoning vir swak uitslae gebruik moet word nie, ­beïnvloed dit tóg leerlinge se akademiese prestasie.

Jaco Deacon, uitvoerende adjunkhoof van die beheerliggaam-organisasie Fedsas, sê instandhouding by skole is altyd ’n prioriteit. Baie skole kan dit egter nie bekostig nie.

“Die skole is van die regering afhanklik, maar swak kommunikasie en lang waglyste is ’n groot probleem.”

Vir Deacon is die probleem ook onbevoegde amptenare wat hul plig versuim deur nie skole te besoek en verslae oor die infrastruktuur op te stel nie.

“Die skoolhoofde en beheerliggaamlede moet dit dus doen. Dit is egter nie húl werk nie.”

Graeme Bloch, ’n opvoedingskenner, sê skole se infrastruktuur is ’n provinsiale kwessie. Dit bring mee dat daar dikwels nie genoeg druk van nasionale vlak is om die probleme op te los nie.

“Die nasionale regering het min sê oor provinsiale begrotings. Hoewel daar op nasionale vlak vir skole begroot word, kan die begroting tot niet gaan in die stelsel.

“Daar heers tans groot agterstande, maar daar is darem hoop omdat skole, bestuur en die departemente meer van die probleme bewus raak.”

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sanitasie  |  geriewe  |  krag  |  onderrig  |  akademie  |  skole  |  water

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.