'Goeie samaritaan' sterf in Durban-ongeluk
2011-03-13 13:38
Kaapstad – ‘n Goeie samaritaan is op die M7 dood nadat hy gestop het om ‘n ander bestuurder naby die Moore-afrit in Durban help, het ‘n woordvoerder gesê.
Volgens Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, het die ongeluk Sondagoggend omstreeks 01:20 gebeur.
Daar word beweer dat ‘n Uno gaan staan het nadat dit deur ‘n diep waterpoel gery het, het Botha gesê.
‘n Bakkie het teen beide voertuie gebots nadat die “goeie samaritaan” gestop het om te help.
Toe paramedici by die ongelukstoneel opdaag, het die man in die middel van die snelweg gelê.
Hy is op slag dood weens die ekstensiewe beserings wat hy opgedoen het.
Twee insittendes van die bakkie het ernstige beserings opgedoen. Hulle is na die Addington-hospitaal geneem nadat paramedici hulle op die toneel gestabiliseer het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24