Goeie nuus vir Selebi
2010-11-16 13:00
Kaapstad – Die appèlhof het Dinsdag die voormalige nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi se aansoek om verlof tot appèl toegestaan op nog ‘n aspek van sy vonnis, het EyewitnessNews berig.
Selebi se advokaat, Wynand Coetzee, het gesê dat die appèlhof Selebi verlof gegee het om appèl aan te teken teen ‘n wye aspek van sy vonnis wat die meeste van sy saak dek.
“Ons het vandag ‘n hofbevel gekry wat aandui dat ons appèl in die hooggeregshof mag aanteken teen die beslissing rondom die voordele (wat Selebi uit sy transaksies met Glenn Agliotti) gekry het,” het Coetzee gesê.
Die voormalige polisiehoof is in Julie skuldig bevind aan korrupsie nadat die hof bevind het dat hy geld en klere van sy vriend, Glenn Agliotti, ontvang het.
Selebi is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.
Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Selebi toestemming gegee om appèl aan te teken op slegs een aspek van sy skuldigbevinding – dat hy omkoopgeld van Agliotti ontvang het.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter