Goedhartige De Doorns-boere gedreig

2009-11-19 07:30
Tweets Share Share line Print

Jan Gerber

De Doorns - Van die boere wat Zimbabwiese plaaswerkers te hulp gesnel het wat Dinsdag in xenofobiese geweldpleging uit hul huise in De Doorns verdryf is, het kort daarna dreigemente ontvang.

Dié dreigemente kom op dieselfde dag dat die minister van arbeid, Membathisi Mdladlana, gedreig het dat daar “soos ’n ton rotse” toegeslaan sal word op boere wat onwettige immigrante in diens neem omdat hulle xenofobiese geweld aanhelp.

Die dreigemente wat plaaslike werkers glo gemaak het teen De Doorns-boere wat skuiling aan hul Zimbabwiese werkers gee, is skerp deur onder meer die Hexriviervallei Tafeldruifassosiasie en Agri Wes-Kaap veroordeel.

Verskeie boere het aan hul Zimbabwiese werkers skuiling gebied nadat plaaslike inwoners sowat 3 000 Zimbabwiërs uit hul wonings in De Doorns gedryf, huise afgebreek en hulle verbied het om te gaan werk.

Die plaaslike inwoners beweer die Zimbabwiërs is bereid om vir minder as die minimum loon te werk en steel die plaaslike bevolking se werksgeleenthede.

’n Verklaring van Agri Wes-Kaap lui: “Die landbousektor is moeg daarvoor om elke keer van allerhande onwaarhede beskuldig te word sonder dat die aantygings met feite gestaaf word. Hierdie onwaarhede word misbruik om sensasie te veroorsaak en persepsies te skep wat nie bestaan nie.

“Die buiteland se oë is reeds op ons en aanvalle op onskuldige mense is beslis nie voordelig vir die land se beeld nie – en baie beslis ook nie bevorderlik vir die beeld van landbou nie.”

 Boetie Kriel, ’n direkteur van die Hexriviervallei Tafeldruifassosiasie, waartoe al die produsente in dié vallei behoort, het gesê dié vereniging se lede kom die wette nougeset na en hulle sal sorg dat ’n produsent wat die wet oortree, vervolg word.

“Só ’n persoon sal nie weggesteek word nie,” het Kriel gesê.

Hy het bygevoeg die meerderheid produsente betaal hul plaaslike sowel as buitelandse werknemers meer as die voorgeskrewe loon. Volgens Kriel doen die bewerings die Hexriviervallei se beeld groot skade aan en is dit duidelik dat “aanstigters in De Doorns” die situasie veroorsaak.

Fatima Shabodien, uitvoerende direkteur van die drukgroep Women on Farms, het gister die sowat 2 000 ontheemde Zimbabwiërs op De Doorns se rugbyveld besoek.

Sy meen die wortel van die kwaad is die uitbuiting van plaaswerkers.

Sy gee toe die Zimbabwiërs word die minimum loon betaal, maar die meeste kry nie kontrakte nie en hulle is kwesbaar weens hul vlugtelingstatus.

“Die punt is: Hoe beskerm ons plaaswerkers se regte? Die departement van arbeid moet sy deel doen,” het sy gesê.


- Die Burger

Lees meer oor: zimbabwe  |  xenofobie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.