'Godsdiens in skole gaan monster skep'

2011-07-17 07:20
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Afrikaners wat hand en tand veg vir die reg van skoolbeheerliggame om Christelike onderrig in skole te vestig skep ’n monster wat later buite beheer gaan raak.

Dié Afrikaners gaan nog krokodiltrane huil, het dr. Jan van der Merwe, oud- uitvoerende lid van die Afrikanerbond en ’n ANC-raadgewer, die afgelope week gesê toe hy as gespreksleier opgetree het by ’n boekbespreking op die Vryfees.

In groter dorpe en stede waar Afrikaanse mense in skole die botoon voer, pas dit hulle baie goed om godsdiensbeleide te beheer. Maar op die platteland waar skole parallelmedium word, gaan Afrikaners mettertyd byna nêrens meer die meerderheid wees nie. As voorbeeld het hy die dorp Wepener genoem waar 80% van die ouers by die skool nie wit is nie. Hulle kan argumentsonthalwe daarop aandring dat hul ZCC-oortuigings met elemente van voorvaderverheerliking in die skool uitgeleef moet word, het hy gesê.

Hans Pietersen, skrywer van Die vrese van ons vaders, het met Van der Merwe saamgestem dat die voorgestelde beleid van Kader Asmal, voormalige minister van onderwys, dalk die beste was. Daarvolgens moes godsdiens by skole uitgefaseer word.

Pietersen het in 2009 groot opslae gemaak toe sy organisasie, die Afrikaner-Vrydenkersbeweging (AVB), sy stryd teen godsdiens in skole formeel gemaak het. Talle onderwys- en burgerregte-organisasies het daarteen te velde getrek en aangebied om skole met regskoste te help.

Rapport kan vandag onthul dat die werk van die AVB voortaan verrig gaan word deur die Organisasie vir Godsdienste-onderrig en De­mo­kra­sie (Ogod). Volgens Pietersen sal hulle die staat help om hul funksies te verrig en godsdiensbeleide volgens wet toe te pas. Daar is verskillende interpretasies van wetgewing en die kwessie sal waarskynlik in die howe draai.

By die boekbespreking het hy benadruk dat alle godsdiensbeoefening nie sleg is nie. “Ek is nie anti-godsdiens nie. Ek is nie anti-Christenskap nie. Ek is nie anti-Jesus nie. Ek is absoluut anti-manipulering.”

Hy het verwys na ’n sesjarige kind wat by sy onderwyser moes hoor hy gaan hel toe. “Dit is onvanpas en absurd.”

Dit verstom Pietersen dat Afrikaners graag hof toe gaan vir hul “minderheidsregte”, maar tevrede is met situasies waar hulle die meerderheid is en ’n enkele Moslem-kind in ’n klas byvoorbeeld blootgestel word aan ’n onderwyser wat kinders vra om hande op te steek as hulle nie in Jesus glo nie.

Oor die boek en die doodsdreigemente wat hy en sy familie al “in die naam van Jesus-liefde” ontvang het, sê Pietersen hy het “die bewustelike besluit geneem om aggressief deel te neem aan die gesprek sodat ek die deur kan oopkry”. “Ek hoop ek kry dit reg en ek hoop ek oorleef dit.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: godsdiens  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
139 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.