G’n x-strale meer by 1 Mil

2011-11-04 09:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – 1Militêre Hospitaal, wat in ’n stadium een van die spoghospitale in die land was, kan nou nie eens meer sy eie x-straalfoto’s neem nie.

Die laaste radiografis het in Oktober bedank, wat beteken al die x-straalfoto’s moet nou privaat, teen aansienlik hoër koste, geneem word.

Die hospitaal het boonop haas geen spesialiste oor nie. Daar is geen toraks-, neuro-, plastiese of vaskulêre spesialiste nie, terwyl daar ’n erge tekort aan ortopediese chirurge is, het van die dokters aan Beeld gesê.

In die ortopediese, chirurgiese en ginekologiese departemente word konsultante ten duurste deeltyds gebruik. Junior dokters behartig die res van die konsultasies.

Selfs in die hoësorgeenheid is ’n gewone algemene praktisyn in beheer, wat volgens sy kollegas op “doodsake” neerkom.

Herhaaldelike telefoniese en skriftelike versoeke om klarigheid oor die situasie by die hospitaal en die weermag te kry het die afgelope drie weke op dowe ore geval.

Die verskaffing van oogdienste is onlangs heeltemal opgeskort en die uitreiking van brille gestaak. Dié diens is blykbaar pas gedeeltelik herstel.

Operasies en mediese dienste word weens ’n tekort aan dokters al hoe meer teen astronomiese koste aan private hospitale uitgekontrakteer.

Slegs twee van die tien teaters word tans gedeeltelik gebruik.

Die dokters wat oorgebly het, kan volgens van hulle eenvoudig nie meer die mas opkom teen die geweldige vraag na dienste nie.

Dit duur tot ses maande voordat pasiënte ’n afspraak in sekere spesialis-afdelings kan kry.

Volgens ’n dokter wat pas sy bedanking ingedien het, word hy drie jaar nadat hy as spesialis gekwalifiseer het steeds as mediese beampte sonder spesialiskwalifikasies betaal.

Al sy vertoë om aangestel te word as spesialis op die posvlak wat hom toekom, het niks opgelewer nie. Nou gaan hy elders werk.

Ironies het hy en talle ander spesialiste in dieselfde bootjie op weermagkoste as dokters en spesialiste gekwalifiseer. “Die weermag het betaal om ons beter te laat kwalifiseer juis omdat daar so ’n tekort aan spesialiste is, maar nou verwag hy dat ons dié diens gratis moet lewer terwyl spesialiste wat van buite aangestel word meer as ons betaal word,” het die dokter gesê.

Van die senior spesialiste wat afgetree en hul dienste op deeltydse grondslag aangebied het, word nie gevra om in die hospitaal te gaan help nie.

Die laaste paar maande het pasiënte wat lankal op operasies wag selfs nadat hulle vir opname by die hospitaal opgedaag het eers uitgevind hul operasies is uitgestel.

Net operasies vir lewensgevaarlike toestande en die minimum roetine-operasies word tans uitgevoer en die meeste daarvan word weens ’n gebrek aan spesialiste aan private hospitale uitgekontrakteer.

Die hospitaal het pas ’n nuwe bevelvoerder gekry. Kol. N.P. Maphaha van 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad is met bevordering in dié pos aangestel.

Volgens van die oorblywende dokters is al hul hoop nou gevestig op Maphaha, wat ’n uitstekende reputasie in Kaapstad gehad het, anders sal hulle nie anders kan as om ook elders te gaan werk nie.

Die laaste amptelike syfers vir doktersposte in 1 Militêre Hospitaal was dat sowat 52% gevul en 48% vakant is. 

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: hospitale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.