G’n matriek, g’n werk

2010-08-23 08:16
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Stenograaf kan ná 17 jaar nie haar pos in die departement van justisie behou nie omdat sy nie ’n matrieksertifikaat het nie, maar sy is goed genoeg om matrikulante op te lei om dié werk te doen.

Ria Forbes (58), voormalige stenograaf van die Pretoria-Noord-streekhof, het boonop verlede week gehoor die staatsdiens se algemene sektorale bedingingsraad het haar aansoek om kwytskelding vir laat indiening in haar geskil oor haar ontslag van die hand gewys.

Forbes het haar geskil aanvanklik by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aanhangig gemaak.

Die KVBA het beslis hy het nie die jurisdiksie om daaroor te beslis nie en het Forbes na die bedingingsraad verwys.

Dié raad meen egter Forbes, wat net gr. 10 het, het nie ’n goeie vooruitsig op sukses in haar geskil nie en het haar aansoek van die hand gewys.

Die arbitrasiesaak van Linda Martins (42), ’n voormalige stenograaf van die Johannesburgse landdroshof, oor onregverdige ontslag sal op 8 September aangehoor word.

Martins het 15 jaar lank met haar gr. 10-kwalifikasie as stenograaf gewerk.

Die departement het die kontrakte van 36 stenograwe van landdroshowe in Gauteng beëindig omdat hulle nie matriek het nie.

Nie een van die stenograwe kwalifiseer vir werkloosheidsversekering nie omdat bydraes nooit van hulle verhaal is nie.

Al die stenograwe hoop Martins se arbitrasie sal suksesvol wees.

Hul geskil met die departement het in 2007 begin toe hul werkomskrywings as stenograaf eensydig deur die departement “opgegradeer” is om werk wat hulle jare reeds doen in te sluit.

Die departement het besluit matriek is ’n vereiste van die opgegradeerde pos.

Die stenograwe het tot 2010 gekry om matriek te slaag.

Van die departement se beloftes om hulle met ’n opleidingsprogram te help om dit te doen, het dadels gekom.

Martins het gister gesê sy skoei haar geskil op ’n staatsdiensregulasie wat bepaal dat amptenare wat langer as twee jaar diens het, nie ’n matrieksertifikaat nodig het nie.

Forbes en Martins moes die matrikulante wat hul werk oorgeneem het vir die departement oplei.

Martins swerf sedertdien tussen familielede omdat sy nie haar eie verblyf kan bekostig nie.

Forbes en haar man moet van sy salaris van R6 000 per maand leef.

Intussen werk stenograwe met net gr. 10 steeds in die hooggeregshof in Pretoria nadat hulle vroeër met die hulp van ’n prokureursfirma aansoek gedoen het om ’n hofbevel om die departement te verbied om hulle te ontslaan.

Die aansoek is onbepaald uitgestel nadat die staatsprokureur namens die departement aan die hof onderneem het om te “herbesin”.

Regter Willie Hartzenberg het toe gesê die departement moet eers met die regters praat voordat hulle voortgaan met die vereiste van matriek.

 

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: werkloosheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.