G'n borgtog vir man wat ouma verkrag
2012-08-07 23:03
Durban – 'n Man wat daarvan beskuldig word dat hy 'n 94-jarige vrou verkrag het, is Maandag borgtog in die New Hanover-landdroshof geweier.
'n Woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson, het gesê die saak is tot 28 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.
Die verdagte het die 94-jarige vrou op 23 Julie in haar huis in Wartburg aangeval.
Drie bejaarde vroue is die afgelope maand in KwaZulu-Natal verkrag.
Die Witness het Vrydag berig dat 'n 60-jarige vrou in Pietermaritzburg aangeval en vermoor is.
Die vrou se naakte liggaam is deur inwoners naby 'n rioolpyp ontdek. Haar gesig is vermink.
'n Ander vrou (82) is Saterdag in haar huis in Swayimane verkrag. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA