G’n arts vir gewonde soldaat

2010-11-06 07:12
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die weermag het ’n hoëvlak-ondersoek belê nadat ’n Suid-Afrikaanse vredesoldaat in Soedan gisteroggend vroeg deur aanvallers gewond is en geen dokter beskikbaar was om hom te behandel nie.

Ene sktr. Nzoko van 5 SA Infanteriebataljon (5 SAI) in Ladysmith, KwaZulu-Natal, was gisternag saam met drie makkers op wagdiens op ’n wagtoring by ’n waterput sowat 3 km noordoos van Koetoem in Noord-Darfoer.

Nzoko het glo afgeklim om ’n draai te gaan loop toe twee onbekende aanvallers op hom losgebrand het.

Vier skote is op hom geskiet, waarvan twee hom in die linkerskouer en -bobeen getref het. Sy makkers het op die aanvallers geskiet, waarna hulle gevlug het.

Hulle het hulp ontbied, waarna die Suid-Afrikaners ’n reaksiemag en Casspir-ambulans van hul basis by Koetoem na die toneel gestuur het.

Operasionele mediese ordonnanse moes noodgedwonge na Nzoko, wat in ’n kritieke toestand was, omsien.

Hy is na die siekeboeg in Koetoem geneem, van waar hy later gisteroggend na ’n hospitaal op El-Fâsjer, suidwes van Koetoem, afgevoer is. Na verneem word, was sy toestand gistermiddag laat ernstig, maar stabiel.

Die twee Suid-Afrikaanse dokters wat tot sowat twee weke gelede nog deel van die Suid-Afrikaanse kontingent was, het na Suid-Afrika teruggekeer sonder dat hulle vervang is.

Brig.genl. Martie Visser, weermagwoordvoerder, het gister gesê die hoëvlak-ondersoek sal bepaal waarom daar geen dokters was nie.

Die dokters in Soedan roteer elke drie maande. Na verneem word, was die twee dokters in Soedan veronderstel om vir ’n maand langer te bly omdat daar nie plaasvervangers vir hulle was nie.

Hulle het egter met ’n kommersiële vlug na Suid-Afrika teruggekeer.

Die kontingent van 5 SAI het maar sowat twee weke gelede in Soedan aangekom waar hulle vir ses maande sal help om die vrede in die toenemend gespanne politieke situasie in die land te handhaaf.

Sowat twee jaar gelede is ’n Suid-Afrikaanse soldaat doodgeskiet en ’n vrouesoldaat gewond toe hulle ook ’n waterput in Soedan bewaak het. Dit is nie bekend of dit dieselfde put was as die een waar Nzoko geskiet is nie.

Die Suid-Afrikaners is deel van ’n gekombineerde mag van die Verenigde Nasies en die Afrika-Unie (Unamid) in Soedan.

Nzoko sal na verwagting sodra sy toestand dit moontlik maak na Suid-Afrika afgevoer word vir verdere behandeling.

’n Plaasvervangerdokter wag tans glo dat die nodige reisdokumente goedgekeur word voordat hy Soedan toe vertrek.

Tot dan is die soldate op die mediese ordonnanse aangewese vir noodhulp.

Unamid het gister in ’n verklaring ’n beroep op die Soedanse owerheid gedoen om die aanvallers op te spoor en te vervolg.

- Beeld

Lees meer oor: soedan  |  weermag

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.