Gholfkarretjie ís ’n motor; fonds moet dus opdok

2010-08-07 07:00
Tweets Share Share line Print

Beeld

’n Gholfkarretjie ís ’n motorvoertuig.

Dus kan mev. Daphne Carol Berry van Centurion, wat op ’n hospitaalperseel as voetganger glo deur ’n gholfkarretjie beseer is, slegs skadevergoeding eis van die Padongelukkefonds (POF).

Dít blyk uit ’n uitspraak deur waarnemende regter James ­Goodey gister in die hooggeregshof in Pretoria.

Berry (38), van Lyttelton Manor, was luidens hofstukke op 1 Maart 2001 op die perseel van die Unitas-hospitaal in Centu­rion toe ’n battery-aangedrewe gholfkar met ses sitplekke teen haar gebots het.

’n Werknemer van SPE Security Patrol Experts BK van Roodepoort het die kar bestuur.

Luidens haar hofstukke het sy onder meer skaafplekke op haar linkerhand en -heup opgedoen; kry sy folterende laerugpyn, ernstige spierspasmas in die rug en ly sy aan post-traumatiese stres.

’n Skroef wat in ’n vorige operasie in haar rug ingeplant is, het glo weens die ongeluk gebreek.

SPE Security Control Experts se verweer was dat enige skadevergoedingseis wat Berry weens die botsing kan hê slegs teen die POF kan wees en dat sy van geen ander party kan eis nie.

Die POF (die tweede verweerder) se verweer was dat die battery-aangedrewe gholfkar nié kragtens wetgewing ’n motorvoertuig is nie en dat die fonds daarom nie aanspreeklik is vir enige verlies of skade nie.

Goodey het gesê ingevolge die Wet op die Padongelukkefonds is ’n motorvoertuig enige voertuig wat ontwerp of aangepas is om aangedryf of gesleep te word op ’n pad deur middel van brandstof, gas of elektrisiteit.

Dit sluit ’n sleepwa, woonwa en landbou- of enige ander werktuie in wat ontwerp of aangepas is om deur so ’n voertuig gesleep te word.

Goodey moes bevind of die karretjie (shuttle) in die saak ’n motorvoertuig is.

Hy het bevind die voorval het plaasgevind op ’n pad, naamlik die parkeerterrein van die Unitas-hospitaal.

Hy het gesê hy is gevolglik van mening dat soortgelyke voertuie wat by hotelle, lughawens, winkelkomplekse en hospitale gebruik word, motorvoertuie is.

Luidens Berry se hofstukke wil sy R6,52 miljoen skadevergoeding hê.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.