Ghanese man vasgetrek vir dwelms
2011-09-01 17:52
Johannesburg – 'n Man is in Edenvale, Ekurhuleni, in hegtenis geneem nadat hy glo dwelms aan iemand verkoop en weggehardloop het, het die polisie gesê.
Ao. Jean Olckers, polisiewoordvoerder, het gesê die Ghanese man is Woensdagmiddag in hegtenis geneem.
Verskeie dwelms, waaronder kokaïen en dagga, is in die man se besit gevind.
Die man sal na verwagting Donderdag in die Edenvale-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA