'Geweld teister wit én swart boere'

2011-02-27 08:44
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - In die Swartruggens-distrik in Noordwes is wit én swart boere keelvol vir geweldsmisdaad.

Hulle deel die kommer dat ’n gebrek aan plaasveiligheid voedselproduksie ernstig kan ondermyn en dring daarop aan dat die regering die Grondwet gehoorsaam deur boere, hul gesinne en werkers te beskerm.

Maar hulle verskil oor die redes vir die verfoeilike geweld.

“Dit is lankal nie meer net plaasaanvalle nie, dis terrorisme!” sê Ben Marais, streekspresident van die Transvaalse Landbou-Unie (TLU), Paul van der Walt, streeksveiligheidshoof van die TLU, en Wilhelm Rocher in ’n gesprek met Rapport in die TLU se kantoor.

Dié drie is dit eens dat etniese suiwering die hoofmotief agter plaasmoorde is. Roof is volgens hulle bloot ’n bysaak.

“Jy sit nie vir ure in iemand se huis en wag hom in as jy wil roof nie. Jy brand nie ’n vrou met gesmelte plastiek nie. Rowers vat wat hulle wil hê en gee pad,” sê Rocher.

Volgens hulle is die rede vir die gebruik van uitermate geweld om vrees en wanhoop te saai en om boere van hul plase te verdryf.

“Die regering regeer die volk, maar nie die grond nie. Grond is meestal in private besit. Deur ontslae te raak van die boer wat die grond besit, kan jy beheer kry oor die grond,” sê Rocher.

Sy pa is in 1995 op sy plaas vermoor.

Hy sê wanneer ’n boer vermoor word, kan dit tot sewe jaar duur voordat die plaas weer ten volle produktief is.

“Die boedel moet afgehandel en die plaas moet verkoop word. In daardie tyd is die plaas onproduktief en dit het ’n negatiewe uitwerking op die voedselbedryf.”

Van der Walt verduidelik: “Die vermoorde boer se eie gesin is sonder inkomste. Ook sy lojale werkers kan hul inkomste verloor sou die nuwe eienaar besluit om hulle nie in diens te neem nie.”

En jong mense kies nie meer boerdery as ’n beroep nie weens die gevare. Volgens Rocher het die aantal boere in die land die afgelope 20 jaar drasties verminder.

“Wat gaan oorbly? Waar gaan die mense kos kry? Hulle moet ophou om ons uit te boender.”

Maar Jeffrey Chirwa, wat saam met die drie wit boere aan die gesprek deelgeneem het, sê swart boere loop ook deur.

“Misdaad is nie net die wit boere se vyand nie, dit is almal se vyand,” sê Chirwa, wat met beeste en bokke boer.

Hy verskil oor die redes vir geweldsmisdaad. Hy meen ekonomiese faktore en geskille tussen werkgewers en werkers is van die redes vir aanvalle op boere van enige velkleur.

Ook hy voel onveilig wanneer hy snags op sy plaas werk, al woon hy nie voltyds op sy plaas nie. Misdadigers het hom al op sy plaas kom dreig, vertel hy. 

- Rapport

Lees meer oor: plaasmoorde  |  geweld  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.