Geweld styg skerp ná Wêreldbeker

2010-09-13 07:37
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - In die week ná WB 2010 het geweldmisdaad skerp toegeneem met onder meer ’n plaasaanval, huisrooftog en twee moorde op 11 Julie, ’n moord op die 13de en twee moorde en drie huisrooftogte op 15 Julie.

Dít het aan die lig gekom tydens ’n Beeld-ondersoek na ernstige geweldmisdaad (huisrooftogte, moorde, plaasaanvalle en gewapende rooftogte waartydens iemand ernstig beseer, verkrag of geskiet is) waaroor die koerant gedurende en ná WB 2010 berig het.

Die ondersoek toon ’n toename in sulke voorvalle in veral Suid-Gauteng (Johannesburg, die Oos- en Wes-Rand en Vaaldriehoek), Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Noordwes.

Tydens die toernooi (van 11 Junie tot 11 Julie) is oor 12 sulke voorvalle berig en daarna, van 12 Julie tot einde Augustus, oor 42 voorvalle.

Moorde het aansienlik toegeneem – van 4 in Junie tot 14 in Julie en 18 in Augustus.

Die ondersoek is gedoen na aanleiding van genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, se belofte dat die polisie die vermoë het om die doeltreffende misdaadbekamping tydens die toernooi ook daarna vol te hou.

Die ondersoek kan nie met die polisie se misdaadsyfers vergelyk word nie omdat amptelike syfers vir dié tydperk eers teen September volgende jaar bekend gemaak sal word.

Dit stem egter ooreen met die voorlopige syfers van die veiligheidsfirma ADT vir Johannesburg en Pretoria.

Tydens WB 2010 het misdaad volgens ADT in die weste van Johannesburg met 70% gedaal en in die ooste met 60%.

Roy Rawlins, besturende direkteur van ADT Johannesburg, het gesê gewapende rooftogte en huisbraak het met onderskeidelik 37% en 31% in dié gebiede gedaal.

“Sedert die eindfluitjie geblaas het, het misdaad egter in die meeste van ons gebiede toegeneem.

In die ooste van Johannesburg het misdaadvlakke teruggekeer na waar dit voor WB 2010 was, maar nie in die weste nie.”

Volgens Clive Humphrey, besturende direkteur van ADT Pretoria, het misdaad daar gedurende die toernooi afgeneem.

In teenstelling met Johannesburg het misdaad in Pretoria volgens hom ná die toernooi nog verder gedaal, veral gewapende rooftogte, huisbrake met en sonder diefstal en kapings.

“Gewapende rooftogte het met 37% gedaal.”

Die aantal plaas- en hoewe-aanvalle in die gebiede waaroor Beeld berig (grafika hiernaas), het ná die toernooi skerp toegeneem – van een in Junie en drie in Julie tot agt in Augustus.

André Botha, voorsitter van Agri SA se nasionale veiligheidskomitee, het bevestig plaasaanvalle het ná WB 2010 toegeneem.

“Ek dink die feit dat daar tydens die toernooi meer polisiebeamptes was, het wel ’n impak op misdaad in daardie tyd gehad.

Dit was egter ’n tydelike verligting. Ek twyfel of die polisie die kapasiteit het om dit voort te sit.”

In die komende uitgawe van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) se tydskrif The African.org skryf dr. Johan Burger, senior navorser, voorlopige aanduidings is dat misdaad wel tydens WB 2010 gedaal het, met “lae vlakke van meestal klein oortredings soos diefstal en geen ernstige veiligheidsvoorvalle nie”.

“Dit is egter moeilik om vas te stel of misdaad (in dié tyd) landwyd algemeen gedaal het ... Suid-Afrikaners sal tot September 2011 moet wag om sulke bewerings te bevestig.

Net tyd sal bewys of die polisie die verbeterde misdaadsituasie wat glo tydens die toernooi beleef is, kan volhou.”

Supt. Lindela Mashigo, nasionale polisiewoordvoerder, het gister gesê die polisie sál die verbeterde misdaadvlakke volhou.

“Realisties moet in ag geneem word alle verlof (van polisielede) is tydens die toernooi gekanselleer.

“Maar selfs met minder beamptes word maatreëls soos sigbare polisiëring, analise van prioriteitsareas, taktiese reaksiespanne, toerusting en voertuie voortaan toegepas.

“Ons het dalk minder beamptes, maar ons werk nou veel slimmer.”

WB 2010-sukses

Dr. Johan Burger van die ISS skryf die klaarblyklike lae voorkoms van misdaad tydens die toernooi toe aan:

Die nasionale gesamentlike operasiesentrum (Natjoints);
Die R1,3 miljard-begroting;
60 000 meer polisielede beskikbaar;
Geen verlof vir polisielede nie;
Taakspanne in die tien gasheerstede; en
56 spesiale howe: 222 van die 704 aangemelde misdade buite stadions en 209 daarbinne het tot verhore gelei.
Daar was 138 skuldigbevindings, 12 mense is vrygespreek en 52 sake is teruggetrek.
Teen Augustus was net 20 sake nog uitstaande.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.