Geweld ruk handuit

2010-06-02 07:04
Tweets Share Share line Print

Khayelitsha – Die ANC-jeugliga het gister sy dreigemente oor die toiletfiasko uitgevoer, brande gestig en klippe gegooi.

Die streeksekretaris van die ANC-jeugliga, mnr. Luyiso Mkuhle, en sewe ander betogers is deur die polisie in hegtenis geneem in verband met klagte van openbare geweld.

Al agt het vlugtig in die landdroshof hier verskyn. Hulle bly tot môre in aanhouding vir ’n verdere hofverskyning.

Terwyl betogings waaraan honderde mense deelgeneem het gister erg buite beheer geraak het, is gedreig dat elke motor wat verbyry aan die brand gesteek sal word. Daar is ook gedreig dat petrolbomme gegooi sal word.

Intussen is die veiligheid rondom die burgemeester, mnr. Dan Plato, opgeskerp. Die speaker van die Kaapse stadsraad, mnr. Dirk Smit, het gister bevestig hy het daarop aangedring dat meer veiligheidspersoneel ontplooi word om Plato te beskerm.

Plato het gister berigte ontken dat hy gesê het mense moet klippe gooi en buitebande brand. Hy het gesê hy is uit konteks aangehaal ná ’n nuuskonferensie Maandag. Hy het sy woorde herhaal dat protes eerder teen die ANC-jeugliga se optrede gerig moet wees.

Verkeer is reeds vroegoggend tot stilstand gedwing toe betogers bande op die Mewweg-brug aan die brand gesteek en op die N2-snelweg gegooi het.

Uit vrees vir die veiligheid van motoriste is dié besige pad in spitsverkeer gesluit en die verkeer ure lank vertraag.

Die polisie het rubberkoeëls op die betogers gevuur om die situasie te ontlont. Hierna het sporadiese voorvalle op Baden Powell-rylaan tussen Mew- en Lansdowne-weg veroorsaak dat die polisie hulle hierheen moes haas.

Betonblokke en brandende bande is oor die pad gesaai en die verkeer is verder versper.

Sowat 150 polisiebeamptes is tussen Baden Powell-rylaan en die N2 by die voetoorgang tussen die R300 en Mew-weg ontplooi om enige verdere voorvalle van geweld te keer.

Betogers het ook verkeer in die rigting van Kaapstad met klippe bestook.

’n Polisievoertuig se ruit is onder meer uitgegooi, het kapt. Anneke van der Vyver, polisiewoordvoerder in Khayelitsha, gesê.

Pantservoertuie moes later in die informele nedersettings ingestuur word.

Verskeie ander paaie hier is ook deur betonblokke en brandende rommel en bande versper.

Walter Sisulu-rylaan het die ergste deurgeloop.

- Die Burger


Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: khayelitsha  |  betoging  |  anc-jeugliga

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.