Gewapende rowers vasgetrek
2011-12-10 15:41
Durban – Vier beweerde rowers is in hegtenis geneem nadat hulle op die perseel van 'n winkel in Pinetown betrap is, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Die groep mans, tussen die ouderdomme van 27 en 36 jaar, is Saterdagoggend omstreeks 05:30 vasgetrek nadat die polisie inligting ontvang het dat hulle glo van plan was om die winkel te beroof, het kol. Jay Naicker gesê.
Twee vuurwapens is in hul besit gevind.
Die voertuig wat die verdagtes bestuur het, is vermoedelik gesteel, het Naicker gesê.
Die mans sal binnekort in die Pinetown-landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA