Gewapende rowers oorval twee op Tafelberg
2011-06-28 12:53
Kaapstad – ‘n Vrou van Kaapstad het Maandag aan Eyewitness News vertel hoe haar seun en sy vriend aangerand is terwyl hulle by Tafelberg opgeklim het.
Claudio Massenz en sy vriend is glo Maandag deur gewapende rowers op die berg voorgekeer.
Massenz se ma Francesca het vertel hoe ‘n bakleiery uitgebreek het toe die twee probeer het om hul aanvallers af te weer. Massenz het gevolglik by ‘n bult afgeval.
“Hulle is gejaag. Nawat ons verneem het, het hy geval en sy skedel gekraak, maar hy was daartoe in staat om ‘n vriend te kontak, wat gevolglik die reddingsdienste gebel het,” het sy gesê.
Die rowers het weggekom met ‘n sak.
Daar was in die afgelope maande verskeie soortgelyke voorvalle en sekuriteit op die berg is deur amptenare opgeskerp, met gewapende beamptes wat die berg sal patrolleer.
– Eyewitness News
– Volg Nuus24 op Twitter